Hoër Volkskool leerder presteer in rugby
ADVERTISEMENT
Hoër Volkskool leerder AJ de Jager is vroeër vanjaar ingesluit by die Bokkies 0.19 rugbyspan wat tydens die Septembervakansie na Romenië getoer het. Hy is as onderkaptein van die span aangewys. In Brasov het hul hul eerste wedstryd teen Cristain gespeel en wen die wedstryd oortuigend 101-5. AJ is as die Speler van die Wedstryd aangewys tydens hierdie wedstryd.
Die volgende dag is hul Bucharest toe waar hulle teen n span met die naam Soimii gespeel het en wen 19-15. Die volgende wedstryd het hul teen ‘n ope internasionale span, Rapid Rugby, gespeel. Die 0.19’s moes sterk staan teen volwasse mans wat deel is van die klub. Die seuns het hul beste gegee maar die ‘ooms’ was ongelukkig net té groot en sterk. Hul verloor ongelukkig die wedstryd 17 – 38.
Baie geluk AJ, ons glo dit was ‘n ondervinding!












