Hoër Landbouskool Boland atlete kook by die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Toewyding wat Vrugte Dra. By Hoër Landbouskool Boland weet ons dat sukses op die atletiekbaan nie oornag gebeur nie. Dit verg dissipline, toegewydheid en die bereidwilligheid om daardie ekstra myl te stap wanneer niemand kyk nie. Ons atlete het tot dusver ’n skitterende seisoen beleef, en die vrugte van hul harde werk was duidelik sigbaar die afgelope naweek.
Die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe het op 13 en 14 Maart 2026 plaasgevind, waar 12 van ons top-atlete die skool met trots verteenwoordig het. Die kompetisie was straf, maar ons seuns het hul staal gewys.
Wes-Kaapse Kampioenskappe: Die volgende seuns het podiumposisies in hul onderskeie items behaal het:
Francois Pietersen
o.19 Hamergooi
60.53 meter
Goud
Jayden Small
o.15 400m
49.81 sekondes
Goud
Jayden Small
o.15 200m
22.36 sekondes
Silwer
Johan Klue
o.19 Paalspring
3.80 meter
Silwer
Geon Foucé
o.15 Spiesgooi
56.87 meter
Silwer
Waldo Matthee
o.19 Gewigstoot
14.23 meter
Brons
Dylan Kitching
o.15 Diskus
53.52 meter
Brons
Willem Botha
o.14 3000m
10:19.91 minute
Brons
Nasionale Kampioenskappe:
Ons is ook opgewonde om aan te kondig dat ses van ons atlete gekwalifiseer het om vanaf 26-28 Maart 2026 aan die ASA Nasionale Kampioenskappe deelneem in Germiston, by Germiston.
Baie geluk aan:
Francois Pietersen
Jaeger Coetzee
Jayden Small
Geon Fouché
Ockie Vermeulen
Dylan Kitching
Trots op ons atlete!
Hierdie prestasies is ‘n direkte gevolg van jul toewyding en die opofferings wat julle op en van die baan af maak. Ons is trots op elke seun wat sy kant gebring het. Mag dit met elkeen van julle wat aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem, baie goed gaan. Ons hou julle dop!
SA-Skole byeenkoms:
Francois Pietersen
Jayden Small
Ockie Vermeulen
Geon Fouché
Johan Klue
Hierdie seuns is ook opgeneem in die Wes-Kaapse Skoleatletiek-span. Hulle neem vanaf 8-11 April by die Royal Bafokeng Stadion in Rustenburg deel.
Baie sterkte manne!


















