Groot Interjol 2024: Hoërskool Duineveld o.19 A hokkiedogters
ADVERTISEMENT
Kom ondersteun die hokkiespanne 5 Augustus. AWSUM het met hulle afrigter Anza Esterhuyse gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Goeie hokkie en sportmansgees kan op, en van die veld af, verwag word. Hierdie meisies is gereed om as ware ambassadeurs van Hoërskool Duineveld die baan te betree.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Dit stel ‘n standaard wanneer afrigters, kapteine en spelers ‘n hoë werksetiek en ‘n honger vir hokkie na die veld toe bring. Dit is die vuur in ons wat ons dryf om voluit uit die blokke in wedstryde te kom. Dit maak my trots as ek sien hoeveel ekstra werk hierdie meisies op hulle eie, voor en selfs na oefensessies, insit. Die lekkerste is die hoeveelheid pret wat hulle uit enige uitdaging put en die mooi waardestelsel wat hulle aan die dag lê.
Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan hardloop? Harde werk laat dinge maklik lyk, daarom is wenners bereid om langer aan te hou en MEER as enige iemand anders te gee, net omdat hulle wil, mag en kan.
o.19 A
Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.

























