Goudveld vs Welkom Gim – Goudveld se eerstespan netbalkaptein en afrigter gesels met AWSUM
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met, eerstespan netbalkaptein van Goudveld oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê, ons gesels ook met die afrigter. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Eerstespan netbalkaptein: Ashley Wasyliszyn
Die Derby is ‘n voorreg!
Ons Gouties is opgewonde om die jaar die Derby aan te bied. Sport ontwikkel ‘n manier van behoort, groepgees en vriendelikheid by individue. As kaptein van die eerste netbalspan is my wens vir elke speler, ondersteuner en ouer om die dag te geniet in goeie sportmangees. Mag dit ‘n dag van trots wees!
Gouties onthou: “It’s not how big you are, it’s how big you play” Sterkte aan elke speler wat hard gewerk het om deel van 2023 se Derby te wees. Daar is net een Nommer 1!
Eerstespan Netbal Afrigter: Madri Harmse en Elba Stolk: Dit is vir ons as afrigters `n groot voorreg om hierdie merkwaardige span af te rig. Dit is `n span wat soveel potentiaal en talente het, wat alles wat hulle aanpak met `n glimlag doen, `n span wat letterlik kan dans in die reën.
Elba Stolk
Madri Harmse
Wat kan die skool en ouers hierdie naweek te wagte wees van julle span? Ons was bevoorreg om saam met hierdie span die laaste twee jaar te kon groei en te kon sien hoe elkeen van hulle in dinamiese jong dames ontwikkel. Ouers en die gemeenskap kan gereed maak om stomgeslaan te word deur hierdie meisies se deursettingsvermoë. Ons is so trots op elkeen van hulle. Hulle is regtig so `n mooi voorbeeld vir ons ander Gouties en ons weet hulle gaan nog so baie in die lewe bereik. As mens al daai glimlaggies, goeie waardes en omgee harte kombineer met hulle vreesloosheid, deursettingsvermoë en sterk persoonlikheid, het ons `n klomp sterre wat nie kan wag om `n verskil te gaan maak in hulle gemeenskap nie.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons krag van ons span lê definitief in die Here. As ons lywe moeg gespeel is, ons voete vol blasé is, ons vingers verstuit is en ons shins pyn, weet ons dat ons krag nie uit ons self kan kom nie, maar dat dit van die Here af kom, dat hy ons sal optel en dra waar ons nie meer kan nie.
Tweedens lê ons krag in ons nederigheid, ons is nederig dankbaar vir die talente wat ons meisies ontvang het en ons speel netbal om die Here se naam daardeur te verheerlik. Laastens vind ons ons krag in ons vertroue in mekaar, ons ondersteun mekaar en vat hande in die proses waarin ons STREEF WERK OORWIN.










