AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Helderberg International had a wonderful Family Evening

  • Milnerton Primary School hockey stars earn Premier League Selection

  • Helderberg International School Marks Mandela Day

  • St Dominic’s Catholic School for Girls Leadership Team

  • Felixton College Matrics certainly knew how to make an entrance


Free StateHoërskool GoudveldNorthern and Eastern Free StateRegional News
Home›Regional News›Free State›Goudveld vs Welkom Gim – Goudveld se eerstespan rugbykaptein en afrigter gesels met AWSUM

Goudveld vs Welkom Gim – Goudveld se eerstespan rugbykaptein en afrigter gesels met AWSUM

By Karien Frans
20th May 2023
554
0

ADVERTISEMENT


Share:

AWSUM gesels met, eerstespan rugbykaptein van Goudveld oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê, ons gesels ook met die afrigter. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.

Eerstespan rugbykaptein: Jonathan Olivier

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver? Die hoogtepunt van my rugbyloopbaan is toe ek die voorreg gehad het om as kaptein vir die eerstespan gekies te word.

Hoe motiveer jy jou span? Ek motiveer my span deur te lei deur ` voorbeeld op die veld, en van die veld af te stel.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Ons onderkaptein is Urban Pienaar. Hy is teruggetrokke, maar op die veld is hy `n goeie leier wat altyd positiewe boodskappe uitdra. Hy los altyd alles op die veld en hy sal nooit opgee nie.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit? As `n span sien ons baie uit om te streef na ons doelwitte en volgens ons rugby-leuse te leef naamlik: “Never be average”.

Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom? My gunsteling springbokspeler is Eben Etzebeth, omdat hy een van die mees fisiese ouens op die veld is en hy is hardwerkend. Dit intimideer die ander span se spelers en hy is altyd daar vir sy mede-spanmaats.

Wat is jou planne vir die toekoms? My droom is om `n professionele rugbyspeler te word en `n suksesvolle loopbaan te hê, maar indien die droom nie realiseer nie, wil ek graag gaan studeer en Varsity Cup speel. “The most powerful leadership tool you have is your own personal example.” John Wooden

Frans Crous

Eerstespan rugby afrigter: Frans Crous

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Ek hoop dat ons span vanjaar tot hulle volle potensiaal kan speel. Dit is ‘n span wat alreeds baie teleurstellings oorkom het en ons glo dat hulle dit sal gebruik om ook oor hierdie hekkie te kom en met die nodige selfvertroue te speel. Dit is ‘n span wat speel vir mekaar en hulle skool en vir die eer om die eerstespan trui te dra.

Hoe is die samestelling van die span vir die derby? Enige beserings? Ons het verskeie spelers wat vroeg in die seisoen beseer is en nou besig is om terug te kom. Verder is daar ook ‘n paar spelers gedurende die laaste paar weke beseer. Die situasie rondom wie van hulle beskikbaar sal wees is nog onseker, so ek kan nog nie op die samestelling van die span kommentaar lewer nie.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons het vanjaar ‘n baie gebalanseerde span. Ons het ‘n groot en sterk pak voorspelers en ‘n vaardige agterlyn. Ek dink ons het ook effe meer diepte in sekere posisies as in vorige jare. Baie van die graad 12’s was verlede jaar al in die oefengroep en het dus al blootstelling gekry aan eerstespan rugby en die verwagtinge van ‘n derby. Ons is ook baie opgewonde oor die graad 11 spelers wat vanjaar in die groep is en is baie tevrede met die manier hoe hulle ingeskakel het.

 In jou opinie, wat is die eienskappe van ‘n goeie rugbyspeler? Al wat ‘n speler nodig het is goeie waardes. Ons gebruik die woord PRIDE om ons waardes saam te vat en glo dat al die nodige eienskappe die resultate van hierdie waardes sal wees. Behalwe vir die feit dat TROTS vir ons belanrgrik is, is PRIDE ook ‘n akroniem vir ons skool se vyf rugbywaardes naamlik:

                Passie,

                Respek,

                Integriteit,

                Dissipline,

Eenheid.

Wat is jou filosofie as ‘n afrigter? Ek glo dat elke sportman die geleentheid gebied moet word om deurlopend hulle potensiaal te ontwikkel en om daardeur te groei as ‘n atleet, sowel as mens. Om dit te bereik moet ‘n positiewe omgewing geskep word waarin hulle die fundamentele beginsels van die spel kan bemeester deur middel van harde werk en deursettingsvermoë. Dit sal hulle toerus met die nodige leierseienskappe en motivering om goeie gewoontes, dissipline, karakter, integriteit en respek te ontwikkel.

Die uiteindelike doel is om perfeksie na te jaag as ‘n eenheid en te streef na uitnemendheid terwyl daar gefokus word op eerstens spandoelwitte en ook persoonlike doelwitte. Om dit moontlik te maak wil ek graag ‘n lewenslange student van die spel wees. Hoewel ek afrig om te wen bly die wil om voor te berei om te wen en my spelers se welstand en toekoms steeds my eerste prioriteit.

Is daar enige afrigters waarna jy opkyk? Ek dink ‘n goeie afrigter kan altyd iets by enige ander afrigter leer. Daar is egter sekere afrigters wat my inspireer as gevolg van hulle spesifieke sterkpunte. Vir my is daar geen beter rolmodel as Rassie Erasmus nie. Hy het ons geleer om nooit op te hou dink oor die spel nie. Hy het ook altyd gesorg dat hy gereeld iets nuuts na ‘n span toe bring. Sy durf om moeilike situasies aan te spreek en standpunt in te neem onderskei hom van enigiemand anders. Hy is eerlik en reguit met sy spelers en het besondere menseverhoudinge. Volgens my is daar niemand in sy klas nie, want hy is absoluut uniek.

 

 

TagsGoudveld vs Welkom Gim
Previous Article

Goudveld vs Welkom Gim – Welkom Gim ...

Next Article

Goudveld vs Welkom Gim: Hier is Welkom ...

Share:

Related articles More from author

  • Free StateNorthern and Eastern Free StateRegional NewsWelkom Gimnasium

    Goudveld vs Welkom Gim – Welkom Gim se eerstespan dogtershokkiekaptein en afrigter gesels met AWSUM

    20th May 2023
    By Karien Frans
  • Free StateHoërskool GoudveldNorthern and Eastern Free StateRegional News

    Goudveld vs Welkom Gim – Goudveld se eerstespan seunshokkiekaptein en afrigter gesels met AWSUM

    20th May 2023
    By Karien Frans
  • Free StateNorthern and Eastern Free StateRegional NewsWelkom Gimnasium

    Goudveld vs Welkom Gim – Welkom Gim se eerstespan netbalkaptein en afrigter gesels met AWSUM

    20th May 2023
    By Karien Frans
  • Free StateNorthern and Eastern Free StateRegional NewsWelkom Gimnasium

    Goudveld vs Welkom Gim: Hier is Welkom Gim se A seunshokkiespanne

    20th May 2023
    By Karien Frans
  • Free StateNorthern and Eastern Free StateRegional NewsWelkom Gimnasium

    Goudveld vs Welkom Gim: Hier is Welkom Gim se A rugbyspanne

    19th May 2023
    By Karien Frans
  • Free StateNorthern and Eastern Free StateRegional NewsWelkom Gimnasium

    Goudveld vs Welkom Gim – Welkom Gim se eerstespan seunshokkiekaptein en afrigter gesels met AWSUM

    20th May 2023
    By Karien Frans

  • Gauteng JohannesburgJHB SouthMarist Brothers LinmeyerRegional News

    Marist Brothers Linmeyer School received the Sacrament of the Eucharist

  • Blue Hills SchoolsGauteng JohannesburgMidrand Fourways Sunninghill WoodmeadRegional News

    Blue Hills Schools learner excel at the Grand Slam Club League 2025

  • Kwazulu-NatalNewcastle Senior Primary SchoolNorthern NatalRegional News

    Newcastle Senior Primary Junior Primary teams participated in the Mini Soccer Tournament

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us