Gekombineerde Skool Koffiefontein se leerders neem deel aan die Wiskunde Olimpiade 2024
ADVERTISEMENT
12 van Gekombineerde Skool Koffiefontein se leerders, van graad 8-11, neem vanjaar deel aan die Wiskunde Olimpiade 2024! Hierdie leerders het deurgedring om op 16 Augustus 2024 aan die distrik rondte deel te neem, in Trompsburg. Leerders wat by hierdie kompetisie deurdring kry die geleentheid om die Xhariep distrik in Bloemfontein te verteenwoordig met die Provinsiale Wiskunde Olimpiade rondte. Twee leerders dring deur na provinsiale rondte. Baie geluk aan Cheslyn Kock graad 8 en Yonwaba Stuurman graad 10.










