EHS Netbal pretseer by Fast 5 Netbal Toernooi
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 27 Augustus het vier van EHS se Fast 5-netbalspanne aan die Fast 5-toernooi te Hoërskool Middelburg deelgeneem. Die spanne het goeie netbal gespeel en gesonde sportmangees het geseëvier.
Die uitslae van die poel-wedstryde is as volg:
Crinums (o.15)
- Wen Kanonkop 24-9 (Joané van Zyl was speler van die wedstryd)
- Wen Middies Angles 26-11 (Mikaela Hand was speler van die wedstryd)
Diamonds (o.15)
- Verloor Piet Retief 22-14
- Verloor Mashishing 7-6
- Wen Lydenburg 13-7
Jaguars (o.17)
- Verloor Nelspruit 12-0
- Verloor Middelburg 18-9
Flames (o.17)
- Wen Mashishing 11-9
- Wen Middelburg 15-5
Crinums en Flames neem deel aan verdere uitspele:
Crinums (o.15)
- Wen Dangerous Divas 18-5
Flames (o.17)
- Wen Hoogenhout 18-8
Beide spanne speel kwart finale:
Crinums (o.15)
- Wen Middies Griffens 22-9
Flames (o.17)
- Verloor Middelburg 55-14
Semi Finale:
Crinums (o.15)
- Gelykop teen Eagles (HTS Witbank) 15-15
- Wen na twee minute uitspeelsessie met 19-18.
Finale vir eerste of tweede plek:
- Verloor teen Lydenburg met 20-21
Marizel van Niekerk word aangewys as die o.15-speler van die toernooi.
Crinums (EHS o.15) eindig tweede in die MHS-toernooi.
Baie geluk met uitsonderlike prestasies en die groei wat elke span tydens die seisoen getoon het.

MDB Fast 5









