Bethlehem Voortrekker skut skiet kolskoot
ADVERTISEMENT
Leibrandt Swart het die afgelope naweek weer kolskoot geskiet op Stilfontein! Hy het deelgeneem aan ‘n IPSC-liga in NW by die Frontier-baan. Hy het albei dae PCC geskiet en eindig 2de in die junior-afdeling en 4de algeheel vir die dag. Leibrandt is tans besig met voorbereidings vir die Nasionale PCC-skiet in Pretoria op 22 & 23 Julie 2023.













