Afrikaanse Hoër Meisieskool vereer met ’n spesiale toekenning by ’n spoggeleentheid van die Tshwane-Suid Distrik
ADVERTISEMENT
By ’n spoggeleentheid van die Tshwane-Suid Distrik is Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria vereer met ’n spesiale toekenning vir uitsonderlike, konsekwente akademiese prestasie in die Distrik. Ons is aangewys as die skool met die meeste onderskeidings per leerder en het boonop toekennings ontvang vir die beste prestasie in die Distrik in 11 vakke:
- English Home Language
- English First Additional Language
- Dramatiese Kunste
- Lewensoriëntering
- Geskiedenis
- Verbruikerstudies
- Visuele Kunste
- Afrikaans Huistaal
- Besigheidstudies
- Rekeningkunde
- Wiskundige Geletterdheid
’n Ware bewys van ons akademiese uitnemendheid en die toewyding van ons ongelooflike onderwysers.










