Ses netbalsterre verteenwoordig DF Akademie
ADVERTISEMENT
’n Reuse gelukwensing en baie sterkte aan DF Akademie ses netbalsterre wat gekies is om aan die gesogte Wes-Kaapse interdistrik-skolenetbaltoernooi deel te neem!
Hierdie kookwater spelers verteenwoordig DF vanaf 15 tot 18 Julie 2026 in Bredasdorp: Lauren Doe, Mia Richter, Kayla Veer, Mieke Havenga, Mila Scholtz en Emma Bond.
Mila is gekies as o. 17-kaptein en Kayla dien as kaptein vir die o. 18-span!
‘n Baie spesiale geluk aan Kayla vir wie hierdie toernooi ’n bitter spesiale een is. Dit is die 5de agtereenvolgende jaar elke enkele jaar van haar hoërskoolloopbaan wat sy vir die WP-span gekies is! Wat ’n ongelooflike bewys van deursettingsvermoë.
Julle het reeds by die proewe gewys van watter staal julle gemaak is, en nou is dit tyd om daardie blou gees en talent op die baan te wys. Ons skool staan bankvas agter julle. Geniet elke oomblik, speel julle harte uit en wys vir die Wes-Kaap wat DF-netbal kan doen!
















