Laerskool George-Suid het 4 swemmers op die SA ranglys
ADVERTISEMENT
Die Swem Suid-Afrika ranglys is onlangs gepubliseer en die volgende 4 Laerskool George-Suid swemmers is onder die top 25 in hul onderskeie ouderdomme en items! Van al die duisende kinders wat swem in die land, is dit werklik ‘n ongelooflike prestasie om só ‘n plek te behaal – Baie geluk!!
Johané Burger 12 jaar :
- 8ste – 800 Vryslag
- 10de – 200 Rugslag
- 16de – 400 Vryslag
- 20ste – 200 Vryslag
- 23ste – 100 Vryslag
- 25ste – 50 Vlinderslag
Daniel van Wyngaard 11 jaar
- 4de – 800 Vryslag
- 6de – 200 Borsslag
- 21ste – 400 Vryslag
- 25ste – 100 Borsslag
Emile van Heerden 11 jaar
- 13de – 200 Borsslag
- 25ste – 50 Borsslag
Tristan Coetzee 11 jaar
- 2de – 200 Vlinderslag
- 4de – 1500 Vryslag
- 9de – 800 Vryslag
- 25ste – 400 Vryslag














