Hoër Volkskool karateka gradeer
ADVERTISEMENT
Die Raptors Martial Arts klub het Saterdag, 25 Januarie, ‘n grondwerkgradering gehad. Dit sluit jiu-jitsu en grappeling in. Die volgende Hoër Volkskool leerders het na ‘n wit “sleeve” gradeer, wat op hulle gevegskuns belt aangebring word en aandui op watter vlak van grondwerk die deelnemer is.
- Leshandre Roman
- Renaldo van der Westhuizen
- Phillip le Roux
Die volgende leerders het na die grys “sleeve” gradeer, wat een vlak bo die wit is.
- Gert Theron
- Reaglin Maarman
- Jean van Wyngaard
Baie geluk.
Agter Philip le Roux, Jean van Wyngaardt, Ronaldo vd Westhuizen,Gert Theron, Reaglin Maarman Voor Leshandré Roman










