Hoërskool Volksrust leerder slaag haar Advanced 1 balleteksamen met vlieënde vaandels
ADVERTISEMENT
Ons wil graag vir Nerissa van Heerden van harte gelukwens met haar ongelooflike prestasie! Nerissa, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Volksrust, het onlangs haar Advanced 1 balleteksamen in Pretoria met vlieënde vaandels geslaag en ‘n onderskeiding behaal!
Nerissa se toewyding en harde werk het werklik vrugte afgewerp. Hierdie prestasie is ‘n bewys van haar talent, deursettingsvermoë en passie vir ballet. Hoërskool Volksrust is trots om so ‘n uitsonderlike leerder in ons midde te hê. Ons sien uit na nog vele verdere prestasies van hierdie talentvolle jong dame. Mag sy voortgaan om haar drome te bereik en die wêreld met haar talent te betower!
Nerissa van Heerden










