Hoërskool Parel Vallei redenaars gaan van krag tot krag
ADVERTISEMENT
Hoërskool Parel Vallei redenaar Nina Strydom met haar wakker redeneringsvermoë sal vinnig selfs die slimste wysneuse laat les opsê. Sy het tydens die ATKV-Redenaars se landswye finaal by Goudini ‘n algehele 7de plek in Suid-Afrika behaal in die afdeling vir graad 10-12 Afrikaans Huistaal Voorbereide Redenaars. Dit nadat sy in die Wes-Kaap gewen het en selfs die graad 12-kompetisie uitgestof het!
Nina Strydom










