Hoërskool Robertson krieketspeler presteer tydens Nasionale krieket week
ADVERTISEMENT
Nasionale krieket week – dogters onder 16: Dit het begin met twee 50 beurt wedstryde teen Easterns en Titans. Albei verloor. Die Woensdag was dit twee T20-wedstryde teen Grens en Vrystaat, Grens maklik gewen en teen die Vrystaat was dit ‘n naelbyt stryd tot die laaste bal, wen met sewe lopies. Die laaste wedstryd was teen SWD, beperk hulle vir 70 in 20 beurte. Boland behaal die wenlopies in die 9de beurt. Wanda-Mari slaan 23 lopies, waarvan 5 grenshoue was. Boland wen dus 3 van die 5 wedstryde vir die week. Baie geluk, die Hoërskool Robertson is trots op jou!
![]()









