HS Ben Vorster leerders word beloon vir harde werk
ADVERTISEMENT
Die jaarlikse prysuitdeling vir sport-, kultuur-, leierskap- en graad 12-akademie prestasies het op Woensdag, 19 Oktober 2022 plaasgevind. Dit was ‘n pragtige funksie waartydens etlike honderde leerders toekennings ontvang het.
‘n Paar hoogtepunte was ons Duxleerling vir 2022 – Talita Nukeri – wat ‘n gemiddeld van 90.29% behaal het in graad 12. Beste kulturele prestasie van die jaar het aan Pedrie Minnaar gegaan en die toekenning vir Goeie Maniere is aan Nsuku Mathye toegeken.
Die Vossies is baie trots op hul leerders se harde werk en mooi prestasies. Baie dankie ook vir julle as ouers se bydrae tot jul kinders se sukses.
2022 Duxleerling:
- Talita Nukeri
Die graad 12-leerlinge wat erepennings vir volgehoue akademiese prestasie ontvang het, is:
- Goud: Talita Nukeri, Nicole Aucamp, Ntswaki Maponya, Shaun Matthysen en Simoné Pieterse.
- Silwer: Ayden-Joshua van der Merwe, Rhulani Ngobeni, Dzunisani Mathonsi, Rifumo Sibanda, Kay-Dean Swigelaar, Michelle Ackerman, Mikyla Coetzer, Muskan Abdul.
- Brons: Khanyisa Rikhotso, Vunene Mabuza, Renschie Engelbrecht, Risima Ngobeni, Vuyani Shingwenyana, Su-Yen Venter, Anisa Verster, Jessica Herholdt.
Baie geluk aan die Vossies! Harde werk word beloon. Sterkte vir dit wat voorlê!
Nsuku Mathye
Pedrie Minnaar
Duxleerling vir 2022: Talita Nukeri en ouers.
Goud: Voor: Talita Nukeri en Nicole Aucamp. Agter: Ntswaki Maponya, Shaun Matthysen en Simoné Pieterse.
Silwer: Voor: Ayden-Joshua vd Merwe, Rhulani Ngobeni en Dzunisani Mathonsi. Agter: Rifumo Sibanda, Kay-Dean Swigelaar, Michelle Ackerman en Mikyla Coetzer. Afwesig: Muskan Abdul.
Brons: Voor: Khanyisa Rikhotso, Vunene Mabuza, Renschie Engelbrecht en Risima Ngobeni.
Agter: Vuyani Shingwenyana, Su-Yen Venter, Anisa Verster en Jessica Herholdt.










