HS Charlie Hofmeyr Kwartaal 3 nuus
ADVERTISEMENT
Perdry:
Aimée Freeman het 27 Augustus aan die 90cm Graded Show Jumping deelgeneem en twee 1ste plekke verower in die A2 “Two phase competition” en die A2 “Competition”
Aimée het ook 3 September aan “Showing” deelgeneem en die volgende uitslae behaal:
- Show Riding 1ste
- Show Pony 1ste
Krieket:
Baie geluk aan Leolan Davids o.17, Luan Giliomee o.17, Daniel Bakkes o.17 en Reagan Davids o.15 wat verkies is tot die BPL waar hulle die Paarl Bisons sal verteenwoordig.
Reagan en Leolan is ook ingesluit in die Boland o.16 Winteroefengroep.
Hokkie:
Atone en Ester Ndlovu is vir die Francise Hockey Tournament gekies wat 17-18 en 24-25 Oktober 2022 gaan plaasvind. Atone gaan vir die All Stars-span deelneem en Ester vir die Raptors.
Al twee hierdie leerders neem in die o.18-afdeling deel.
7’s Rugby:
Baie geluk aan Danico Sass, Gerhard Goosen en Jay-Jay Janse wat opgeneem is in die o.15 Boland 7’s groep. Die seuns sal binnekort in Kaapstad speel waar hulle vir plek in die Wes-Kaap span sal kompeteer.
Baie geluk aan Johann Coetzee en Luan Giliomee wat vir die Boland o.17 7’s span gekies is. Die span het die voorbereidingstoernooi in George gewen teen Grey High.
Karate:
Morgan Paxton het aan die Cape Cobra League 1 deelgeneem en die volgende prestasies behaal:
- Kata – Goud
- Kumite – Goud
- Long Weapon – Silwer
- Short Weapon – Goud
- Ipon Kumite – Silwer
Morgan was ook aangewys as die student van die dag.
Leolan Davids o.17, Luan Giliomee o.17, Daniel Bakkes o.17 en Reagan Davids o.15.
Aimée Freeman.
Atone en Ester Ndlovu.
Morgan Paxton.
Danico Sass, Gerhard Goosen en Jay-Jay Janse.
Johann Coetzee en Luan Giliomee.










