Worcester-Noord Primêre Skool tennisspelers presteer puik by die Synergy Cup
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Zahn Hugo en Daniel Hugo van Worcester-Noord Primêre Skool wat aan die Synergy Cup deelgeneem het waar hulle teen spanne van die Noord-Kaap en Kaapstad meegeding het.
Ons is besonder trots op die volgende Noordjies:
- Zahn Hugo wat in die o. 12B Kavaliers-span opgeneem is en ’n goue medalje verwerf het.
- Daniel Hugo wat in die o. 13A Kavaliers-span opgeneem is en saam met sy span ’n brons medalje verwerf het.











