Roemryke seges vir Hoër Meisieskool Oranje in Pretoria
ADVERTISEMENT
Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste netbalspan het Saterdag in Pretoria die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (Affies) vir die eerste keer in 11 jaar geklop. Die telling was 31-26. Oranje was ná die eerste kwart met 5-12 agter, maar het die tweede kwart met 11-2 gewen (rustyd 16-14) en het daarna nooit weer die voorsprong prysgegee vir ‘n roemryke sege nie. Die eerste hokkiespan het met 2-0 geseëvier en die eerste tennisspan met 6-1.
Amy Fröhlich
Netbal
Karla Victor
Lea Cronjé
Mienke Delport










