AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Balderstone Sport Institute graduate appointed as Golf Director at Royal Johannesburg

  • SA-Eer vir leerder van Hoërskool Witteberg

  • Five alumni of Grey College reach world rugby glory

  • Hoërskool Witteberg spog met Provinsiale Hokkie trots

  • Marule twins make Uplands College Rugby History


BolandHoërskool Gimnasium PaarlPaarl Boys' HighRegional NewsWestern Cape
Home›Regional News›Western Cape›Boland›[Paarl Interskole 2024] o.19A rugbykapteins en hulle afrigters gesels

[Paarl Interskole 2024] o.19A rugbykapteins en hulle afrigters gesels

By Karien Frans
2nd August 2024
877
0

ADVERTISEMENT


Share:

AWSUM het met Kobus Blanckenberg , o.19A rugbykaptein van Paarl Gim en met Douw Wessels, o.19A rugbykaptein van Paarl Boys’ High gesels oor hulle span en Interskole.

Kobus

Hoe is die samestelling van die span vir Interskole? Is daar enige beserings? Tans is dit net JJ du Preez, ons loskopstut, wat sy enkel by die Akademie-week beseer het, maar verder is die span op volle sterkte.

Is julle gelukkig met julle resultate die jaar? Daar was een of twee resultate wat nie na wense was nie, maar ek dink as ons nou terugkyk, is ons trots op die seisoen. Ek dink ons het hierdie jaar verskriklik baie gegroei, maar ons potensiaal is nog groter.

Wat verwag jy Saterdag van Boys’ High? Ek verwag ‘n fisiese wedstryd wat vir 70 minute teen ‘n ongekende tempo gaan plaasvind. Altwee spanne gaan op hulle beste
wees!

Wat beteken dit vir jou om kaptein van Paarl Gim te wees? Dit is vir my ‘n groot voorreg. As ek kyk na die name wat voor my kaptein was, is dit net ‘n groot eer en is ek trots om die verantwoordelikheid te aanvaar. Ek is ook dankbaar dat daar goeie leiers saam met my in die span is wat die druk op my minder maak.

Baie mense sal wil weet hoe julle dag van die groot wedstryd verloop tot julle uitdraf. Het julle enige rituele of tradisies? Ons het rituele en tradisies, maar ek is nie seker of ek dit mag deel nie. Ek weet ons slaap darem lekker laat omdat die wedstryd ‘n bietjie later is as die tradisionele Saterdag-wedstryde.

Hoe hanteer julle as span die verwagtinge van julle ondersteuners en toeskouers? Wanneer ons span op die veld draf, is dit net ons vyftien tussen die vier lyne. Voor die wedstryd is daar nie ‘n verwagting van die ondersteuners nie. Wanneer iets wel op die veld gebeur en die span die skool hoor wat sing, gee dit ons net nog energie. Dit voel nie dan of ons net 15 op die veld is nie.

Na watter bekende speler (enige sport) kyk jy na op en hoekom? Ek kyk op na Dan Carter. Hy het my geïnspireer met die manier hoe hy altyd koel en kalm kon bly.

Kobus Blankenberg 

Wat sê Pieter Rossouw,  Hoofafrigter van Paarl Gim?

Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Hulle kan ‘n span wat alles gaan gee en tot die laaste sekonde gaan speel verwag.

Hoe berei julle span in die week tot die aanloop van Interskole voor? Ons werk daaraan dat die seuns nie te veel op die Saterdag fokus nie. Ons probeer dieselfde proses volg wat ons die hele jaar voor elke wedstryd gevolg het.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ek dink dit is vir seker ons samespel. Ons is ‘n hegte eenheid.

Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? Ek dink elke afrigter onder wie ek gespeel het, vanaf skool tot op professionele vlak het ‘n groot rol gespeel. Ek het baie by elkeen geleer en dit het my beslis as afrigter gevorm.

Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die veld hardloop? Gaan geniet die oomblik; dis waarna ons almal uitgesien het.

Douw

Hoe is die samestelling van die span vir Interskole? Is daar enige beserings? Ons is `n redelike jong span met net ses matrieks. Ons is baie bevoorreg om nie enige beserings te hê nie.

Is julle gelukkig met julle resultate die jaar?  Ja en nee. Daar is `n paar wedstryde wat ek voel ons kon gewen het, maar wat nie in ons guns verloop het nie en wat ons dus verloor het.

Wat verwag jy Saterdag van Paarl Gim? As jy na die wedstryde van vorige jare gaan kyk, is dit altyd fisies. Ons verwag dat hulle hul beste gaan gee.

Wat beteken dit vir jou om kaptein van HJS te wees? Dit beteken die wêreld vir my. Dit is `n baie groot voorreg en iets wat ek nie gedink het kan gebeur nie. Om kaptein van jou skool se eerste rugbyspan te wees, is iets waarna jy streef as jy in die skool kom, veral as die kaptein ná `n wedstryd met die skool praat, dan dink jy jy sal enige iets doen om soos hy eendag die skool se rugbykaptein te wees.

Baie mense sal wil weet hoe julle dag van die groot wedstryd verloop tot julle uitdraf. Het julle enige rituele of tradisies? `n Week voor Interskole gaan ons op `n kamp om vir Interskole voor te berei. So die week voor Interskole is jy kalm omdat die meeste van die voorbereidingswerk afgehandel is. Die aand voor die wedstryd sal ons almal saam as span by iemand se huis slaap en eet. Die volgende oggend kom die eerste en tweede span bymekaar en gesels oor die dag en wat van ons verwag word. As ons dan by die skool aankom, het ons `n trui-oorhandiging in die eetsaal en mnr Erasmus lees vir ons `n Bybelvers waaroor ons praat en wat vir ons baie spesiaal is. Die Vrydagoggend ontvang ons almal ons eerstespankeppie en die Saterdag stap ons almal as `n span met ons keppies aan af na Faurestraat.

Na watter bekende speler (enige sport) kyk jy na op en hoekom? Ek kyk nog altyd op na Michael Hooper wat vir Australië gespeel het. Hy was nog altyd een van my ikone. Hy is `n baie goeie ou en was ook altyd die kaptein van Australië.

Douw Wessels

Wat sê Sean Erasmus, Hoof van Rugby en Hoofafrigter van Paarl Boys’ High?

Wat kan die skool en ouers tydens hierdie Interskole van julle span verwag? Die seuns en die span se afrigters gaan elke keer hulle beste gee wanneer hulle in `n Boishaai-trui speel. Karakter is vir ons belangrik en ons sal altyd hard speel tot die eindfluitjie blaas.

Hoe berei julle span in die week tot die aanloop van Interskole voor? Die manier hoe ons oefen, intensiteit en fokus bly belangrik. Elke oefensessie moet beter wees as die vorige een.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons krag lê nog altyd in dit waarvoor ons as span staan, naamlik Glorie aan God, Familia en Span! Saam as `n groep is ons altyd sterker!

Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? My skoleafrigter Herman Viljoen, was `n groot inspirasie vir my. Ek het as speler baie respek vir hom gehad en ek wil – soos
hy – altyd daar wees vir my spelers. Ek het `n paar mentors in my afrigtingsjare gehad soos Swys de Bruin wat my nog altyd
goeie advies en leiding gegee het.

Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die veld hardloop? Show courage! Speel vir mekaar, speel vir jou skool, jou familie, gee al die eer aan God en moet vir niks terugstaan nie.

Read the Interschools newspaper online here or get a printed copy now available in town or at the schools.

TagsPaarl Interskole 2024
Previous Article

Grey High School VS Selborne College: Grey ...

Next Article

[Paarl Interskole 2024] o.19A netbalkapteins en hulle ...

Share:

Related articles More from author

  • BolandHoërskool Gimnasium PaarlRegional NewsWestern Cape

    MATCH REPORT : Premier Interschools Paarl Gimnasium vs Paarl Boys’ High

    5th August 2024
    By Andreneza Damonse
  • BolandHoërskool Gimnasium PaarlPaarl Girls' HighRegional NewsWestern Cape

    [Paarl Interskole 2024] o.19A  dogtershokkiekapteins en hulle afrigters gesels

    2nd August 2024
    By Karien Frans
  • BolandHoërskool Gimnasium PaarlPaarl Girls' HighRegional NewsWestern Cape

    [Paarl Interskole 2024] o.19A netbalkapteins en hulle afrigters gesels

    2nd August 2024
    By Karien Frans
  • BolandHoërskool Gimnasium PaarlPaarl Boys' HighRegional NewsWestern Cape

    [Paarl Interskole 2024] o.19A seunshokkiekapteins en hulle afrigters gesels

    2nd August 2024
    By Karien Frans
  • Gauteng JohannesburgHoërskool TransvaliaRegional NewsVaal Driehoek

    Hoërskool Transvalia atletiek prestasies

    21st June 2024
    By Karien Frans
  • Kwazulu-NatalMichaelhouse CollegeMidlandsRegional News

    Michaelhouse winter sport weekend roundup

    20th June 2022
    By Karien Frans

  • Free StateHoërskool ParysNorthern and Eastern Free StateRegional News

    Hoërskool Parys leerder is 2de op die adPhysics se Top10 lys

  • Laerskool Bellville-NoordNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Die Laerskool Bellville-Noord Groentjiesklub bied verskillende ervarings aan sy lede

  • Hoërskool DuineveldNorthern CapeRegional News

    Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Duineveld se hoofseun vir 2022

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us