[Paarl Interskole 2024] o.19A dogtershokkiekapteins en hulle afrigters gesels
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Tanya Pieterse, o.19A dogtershokkiekaptein van Paarl Gim en met Heyke Lombard, o.19A dogtershokkiekaptein van Paarl Girls’ High gesels oor hulle span en Interskole.
Tanya
Hoe is die samestelling van julle span vir Interskole? Is daar enige beserings? Ons is baie bevoorreg om tot dusver geen beserings in ons span te hê nie.
Is julle gelukkig met julle uitslae die jaar? Ons resultate deur die seisoen is tot dusver baie goed. Ons was teleurgesteld met ons uitslae by die St. Mary’s Waverley Toernooi waar ons die finaal naelskraap gemis het. Ons het egter daaruit geleer en net harder gewerk en met ons ligawedstryde die vrugte gepluk. Ons het onlangs ‘n ongelooflike Cape Town International
Toernooi gehad en het die toernooi met ‘n 62-doelverskil gewen.
Wat verwag julle Vrydag van Girls’ High? Ons weet dat Girls’ High baie hard gaan veg en dat dit nie ‘n maklike wedstryd gaan wees nie. Soos almal weet kan enige iets by Interskole gebeur. Dit is die span wat sielkundig sterker en
beter voorbereid is, wat die wedstryd gaan wen. Ons is seker dat Girls’ High ons spel deur die seisoen geanaliseer het, maar hulle weet nie wat ons weet nie…
Wat beteken dit vir jou om kaptein van Paarl Gim te wees? Dit is die grootste voorreg en eer. Paarl Gim is laas jaar aangewys as die nommer een hokkieskool in die land wat beteken dat daar oor alle ouderdomsgroepe uitstekend presteer is. My verantwoordelikheid is nie net teenoor my eie span nie, maar teenoor alle Gim-hokkiespelers en ek is dankbaar vir die geleentheid om ook daarby betrokke te kan wees en na jonger spelers en spanne te kan uitreik. My missie vir die jaar was om ons as een span te laat saamstaan en saamspeel. In só ‘n span is daar geen individuele spelers nie, net EEN SPAN. Ons staan bekend as die “Family of Fifteen”, want ons gee vir mekaar om en dra mekaar – op die veld – sowel as af van die veld af. Om saam met die span as deel van die Gim familie op die veld te kan uitdraf, is ‘n gevoel wat ‘n mens vir niemand kan beskryf nie.
Baie mense sal wil weet hoe julle dag van die groot wedstryd verloop tot julle uitdraf. Het julle enige rituele of tradisies?
Die Vrydagoggend van Interskole het ons skool ‘n Big Brag-geleentheid waar ons gees bou en waarna die span na die kaptein se huis gaan waar ons dan heeldag saam fokus en ‘n ete saam geniet. Elke jaar kom daar ook ‘n oud-Gimmie na die huis om met ons te praat. Dit is hier waar ons saam visualiseer en saam vir die wedstryd voorberei.
Na watter bekende speler (enige sport) kyk jy op en hoekom? Yibbi Jansen is ‘n 22-jarige meisie wat vir die Olimpiese hokkiekampioen, naamlik Nederland, speel. Sy is my rolmodel omdat sy al haar eerste wedstryd vir Nederland
se senior vrouespan op 19- jarige ouderdom gespeel het en sy is sedertdien aangewys as die beste “dragflicker” in die wêreld. Ek streef daarna om soos Yibbi te kan hokkie speel en hoë hoogtes te bereik, want sy het bewys dat ouderdom nie saak maak as jy bereid is om hard te werk nie.
Tanya Pieterse
Wat sê Ian Naudé, Hoofafrigter van Paarl Gim?
Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Die span is tans in goeie vorm en het in die
laaste sewe wedstryde 59 doele aangeteken en slegs twee afgestaan. Ons sal aanhou om aan hierdie momentum te bou en mense
kan verwag dat ons beslis opwindende en aanvallende hokkie sal speel.
Hoe berei julle span in die week tot die aanloop van Interskole voor? Ons oefensessies bestaan hoofsaaklik – in die
week voor Interskole – uit inoefening van “set pieces” en korthoekies. Ons kondisionering is ook ligter om te verseker dat ons op die regte tyd “peak”. Ons kry gewoonlik die hulp van ‘n sportsielkundige in om met die dogters oor stresbestuur te gesels, en oefen ook aan visualiseringstegnieke en ander maniere om hulle gefokus te kry.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons krag lê daarin dat ons as ‘n span en ook vir mekaar speel. Daar word nie staatgemaak op een speler om die wedstryd te wen nie en elke dogter bring haar kant.
Heyke
Hoe is die samestelling van julle span vir Interskole? Is daar enige beserings? Ons span is ‘n ervare span wat bestaan uit ‘n gemengde groep spelers van verskillende grade. Sewe spelers is in matriek, sewe spelers is in graad 11
en een speler is in graad 10. Ons span is baie geseënd en het nog geen beserings tot dusver opgedoen nie.
Is julle gelukkig met julle resultate die jaar? Ons span het ‘n baie suksesvolle jaar gehad en ons is tevrede met ons spel gedurende die seisoen. Ons is veral tevrede met ons resultate by die All Girls Toernooi in Potchefstroom waar ons vierde geëindig het. Ons het baie uit al die ander toernooie geleer en dit het ons beslis gehelp om ons spel te verbeter.
Wat verwag jy Vrydag van Paarl Gim? Ek verwag baie sterk kompetisie van Gim af. Hulle het `n baie sterk span, maar ons is gereed vir ‘n baie tawwe, maar opwindende wedstryd. Interskole is altyd onvoorspelbaar en ons sien uit om die uitdaging aan te pak en die beste daarvan te maak.
Wat beteken dit vir jou om kaptein van HMS te wees? Dit is vir my ‘n besonderse groot voorreg om kaptein van HMS se eerste hokkiespan te wees. Ek is al van graad 1 af in HMS en dit is van my eerste interskole in 2013, toe ek die gelukbringer vir die eerste hokkiespan was, my droom om eendag vir HMS se eerste hokkiespan te speel. Dit beteken dus vir my baie om nie net ons span te lei nie, maar ook om ‘n voorbeeld vir jonger hokkiespelers wat dieselfde droom as ek 12 jaar gelede gehad het, te stel. Ons het ‘n baie spesiale band tussen ons spelers in ons span en hulle is al soos familie vir my. Dit is vir my ‘n baie groot eer om deel van die span te wees.
Baie mense sal wil weet hoe julle dag van die groot wedstryd verloop tot julle uitdraf. Het julle enige rituele of tradisies? Die dag begin vir ons span met ‘n heerlike ontbyt by die koshuis saam met ons mede-eerstespanne. Daarna gaan
ons as ‘n span saam na iemand se huis om ons hare te vleg vir die groot wedstryd. Hier bou ons ook lekker gees en ontspan. Ons probeer dan rustig wees en probeer om van ons voete af te bly… ons maak seker ons bene is vars voor die groot stryd. Sodra die ander spanne se wedstryde begin, gaan ondersteun ons hulle.
Na watter bekende speler (enige sport) kyk jy na op en hoekom? Ek kyk al van kleins af op na Bethany Hamilton as gevolg van haar ongelooflike deursettingsvermoë om teëspoed te oorkom, spesifiek om terug te keer na branderplankry nadat sy haar arm in ‘n haai aanval verloor het. Sy inspireer ander met haar positiewe gesindheid en geloof, en wys dat ‘n mens met deursettingsvermoë en moed jou drome kan bereik ten spyte van aansienlike uitdagings. Ek streef altyd na haar woorde wat
sê: “People can do whatever they want if they just set their heart to it, and just never give up, and just go out there and do it.”
Heyke Lombard
Wat sê Anri Keevy, Hoofafrigter van Hoër Meisieskool Paarl?
What can the school and parents expect from your team this weekend? They can expect quality hockey, grit, and
determination.
How does your team physically and mentally prepare in the week leading up to a big game such as this weekend against Paarl Gim? We stick to our usual training routine and also try to soak in every moment, as it is a special
time at school.
Where would you say your strength lies this year? The team likes to play under pressure and relishes strong competition. They have a “never say die” attitude and will fight until the end. Their mental strength and fitness will
also count in their favour.
Who has had the biggest influence on you as a coach in your life? Is there someone you look up to?
There have been amazing mentors early on in my coaching career who have believed in me and helped shape my hockey outlook. Recently, watching other teams play and talking to other coaches from all over the country have impacted my coaching.
What message do you convey to your team just before they run on the field? Do not regret anything; leave it all out on the pitch. Most of all, have fun.
Read the Interschools newspaper online here or get a printed copy now available in town or at the schools.










