[Onderhoud] Dean Potgieter: o.19A seunshokkiekaptein van Hoërskool Stellenberg
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Dean Potgieter, Hoërskool Stellenberg se o.19A seunshokkiekaptein gesels oor Interskole teen Hoërskool Durbanville.
Hoe is die samestelling van julle span vir Interskole? Is daar enige beserings? Ons is goed uitgerus en gereed vir die wedstryd.
Is julle gelukkig met julle resultate die jaar? Ons het `n paar teleurstellings gehad deur die jaar, maar daar is niks wat ons sal verhinder om voluit te speel nie.
Wat verwag jy Saterdag van Hoërskool Durbanville? Dit is elke jaar ’n hoogtepunt. Hoërskool Durbanville speel hulle harte uit en ons verwag niks minder nie!
Wat beteken dit vir jou om kaptein van Stellenberg te wees? Dit is ’n reuse voorreg! Ek is trots daarop dat ek my skool kan verteenwoordig en die span kan lei.
Baie mense sal wil weet hoe julle dag van die groot wedstryd verloop tot julle uitdraf. Het julle enige rituele of tradisies? We prepare ourselves mentally during the day and during the Big Brag. We use the rest of the day to support the other teams in the build-up to the main game.
Hoe hanteer julle as span die verwagtinge van julle ondersteuners en toeskouers?Ons waardeer al die ondersteuning wat ons kry en gebruik dit as motivering.
Na watter bekende speler (enige sport) kyk jy na op en hoekom? Ek kyk op na Kareem Abdul-Jabbar en die manier waarop hy die span motiveer en lei.
Lees die spesiale koerantuitgawe vir die naweek aanlyn of kry joune by die skool! Klik hier:










