[Onderhoud] AJ Wiese: o.19A rugbykaptein van HS Duineveld
ADVERTISEMENT
AWSUM het met AJ Wiese, Velties se o.19A rugbykaptein gesels oor Groot Interjol.
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver en wat is die hoogtepunt van jou span se seisoen sover?
Die hoogtepunt van my jaar is toe ek as die o.18 Cravenweek-kaptein verkies is. Dit het vir my baie beteken. As ‘n span dink ek verseker ons toer na die Sentraal-toernooi was ‘n hoogtepunt vir ons.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek motiveer my span deur vir hulle positiewe raad te gee en die harde waarheid wanneer dit nodig is.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Jandré Marais is die onderkaptein en hy staan al van die begin van die jaar af bankvas agter elkeen van my besluite, goed of sleg, en omdat hy so groot rol in ons span speel, is hy soos my regterhand op die rugbyveld.
Hoe is die samestelling van die span vir Groot Interjol? Enige beserings?
Ons is dieselfde span al heel jaar, net met ‘n paar veranderinge in posisies en ons het gelukkig geen beserings nie.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Elke span het maar hulle goeie en slegte naweke, maar wat nog altyd vir my uitstaan, is die broederskap onder mekaar en dit was altyd die moeite werd, wen of verloor. Ons sal graag Groot Interjol wil wen. Ons almal weet dit gaan nie maklik wees nie, elkeen van ons moet net sy alles gee en sy hart uit speel, soos wat ek weet elkeen kan, en alles om die veld los.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek beplan om na skool na Elsenburg in Stellenbosch te gaan waar ek nog graag sal wil rugby speel, terwyl ek studeer en hopenlik eendag vir Maties uitdraf.
Lees die Groot Interjol se spesiale AWSUM-uitgawe aanlyn hier.










