LS Fontaniebleau groet gewese hoof met seer harte
ADVERTISEMENT
Ons gewese hoof, Mnr. Arno Faber is na ‘n kort siekbed oorlede op 8 Junie 2022. Ons harte is in stukke hieroor aangesien Mnr. Faber aan die einde van April na 27 wonderlike jare by Fonties afgetree het. Mnr. Faber het in 1994 by Fonties begin en in 2004 hoof geword. Hy was vir 17 jaar lank ons hoof.
![]()










