Leerder van Hoërskool Montana is gekies vir die o.19A Bolandspan vir die Junior Nasionale Onderwaterhokkie Toernooi
ADVERTISEMENT
Ons is opreg opgewonde om aan te kondig dat Mari le Roux (Gr.11) gekies is vir die o.19A Bolandspan vir die Junior
Nasionale Onderwaterhokkie Toernooi in die Maart vakansie! Mari is ook gekies om die o.19 SA Span te verteenwoordig by die Junior Onderwaterhokkie Wêreldkampioenskappe in Kuala Lumpur, Maleisië vanaf 16 tot 27 Julie 2024. Ons is baie trots op haar wat die vlag van ons land hoog hou!












