Langenhovan Gimnasium bied suksesvolle FNB Classic Clashes aan vs Hoërskool Oudtshoorn
ADVERTISEMENT
Langenhoven Gimnasium was die gasheerskool vir ‘n FNB Classic Clashes. Dit was een van die grootste sportdae in Oudtshoorn. Die twee grootste hoërskole van die dorp het teen mekaar deelgeneem. Dit was Langenhoven Gimnasium teen Hoërskool Oudtshoorn. Die derby het op 10 en 11 Mei 2024 plaasgevind. Dit was ‘n wonderlike dag en die heerlike sportmangees langs en op die veld was ’n fees. Ons sien uit om volgende jaar die tradisie voort te sit.
Eerste spanne se uitslae:
- Eerste hokkieseuns: Gimmies wen 2 – 0
- Eerste hokkiedogters: Gimmies wen 2 – 0
- Eerste netbal: Gimmies wen 46 – 12
- Eerste rugby: Gimmies wen 31 – 20
Netbal Eerstespan
Hokkie Seuns Eerstespan
Rugby Eerstespan













