Laerskool Sonop leerders het met groot sukses aan die Talent Africa Streekskompetisie deelgeneem
ADVERTISEMENT
’n Groepie leerders van Laerskool Sonop het die afgelope naweek met groot sukses aan die Talent Africa Streekskompetisie deelgeneem, wat by die Savoy Teater in Gqeberha plaasgevind het. Die volgende leerders, almal van die Hosking Academy of Dance onder leiding van Lisle Ferreira, het uitstekende prestasies behaal:
- Karissa Claassen – Dolly Dance solo: Hoë Silwer (6-8 Jaar)
- Lianay Kleyn – Cinderella’s Shoes solo: Hoë Silwer (6-8 Jaar)
- Francine Wilson – Letter to My Sweetheart solo: Hoë Silwer (9 – 11 Jaar)
- Jana Kleyn – Letter to My Sweetheart solo: Hoë Goud (9 – 11 Jaar)
Jana was die enigste solo-ballerina tydens die kompetisie wat ‘n Hoë Goud verwerf het, terwyl dit ’n groot oomblik vir Karissa was wat die eerste keer op die “groot verhoog” gedans het. Karissa, Lianay, Francine en Jana word gekies as lede van die Oos-Kaap Uitvoerende Kunste Span wat later vanjaar aan die Nasionale Kampioenskappe in Vereniging gaan deelneem.














