Laerskool Oranje-Noord Eerste Sportspanne
ADVERTISEMENT
Netbal:
Die o.13A netbalspan het 6 en 7 Augustus 2022 aan die o.13 SA-Netbal Skoletoernooi deelgeneem, nadat hul tweede in die Noord-Kaap geëindig het. Dit was ‘n baie lekker en leersame ondervinding om teen Suid-Afrika se bestes te speel. Die toernooi het slegs voorsiening gemaak vir die Top 8 spanne se uitspele.
Die o.12A-netbalspan is nr. 1 in die Noord-Kaap en het aan die o.12 SA-Netbal skoletoernooi deelgeneem. Ons span het uitstekend gevaar en eerste geëindig in hulle poel. Hierna is die uitspele gehou en hulle eindig onder die Top 16 in die land. Baie geluk!
Hokkie:
o.13A Hokkie seuns:
Laerskool Oranje-Noord se eerste seuns hokkiespan het ‘n baie suksesvolle seisoen gehad en dit op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n wen van 2 – 1 in hul finale wedstryd. Hulle sien baie uit na hul toer van 27 – 30 September na Potchefstroom en Klerksdorp.
o.13A Hokkie dogters:
“You never lose, you either win or learn.”
Hierdie wyse woorde was die hokkiemeisies se steunpilaar deur die hele hokkie seisoen. Van dag een af het elke meisie haar beste gegee. Saam, as ‘n span, het hulle gegroei en hulle volle potensiaal bereik. Hulle het net een wedstryd verloor tydens die hele seisoen. Hulle toer einde September na Potchefstroom en hoop om daar te pronk tydens harde wedstryde.
Tennis:
Die eerste tennisspanne van ons skool het ‘n baie besige en leersame seisoen gehad. Hulle het aan die Inter Africa tennis toernooi in Bethlehem deelgeneem teen baie sterk spanne en baie geleer. Hulle neem vanaf 15 – 17 September deel aan die De Aar Tennistoernooi. Baie sterkte.
o.12 Netbalspan.
o.13A Netbalspan.
o.13A Rugby.
o.13A Hokkie Seuns.
o.13A Hokkie Meisies.
o.13A Tennis Seuns en Meisies.










