Laerskool Boerefort hoofseun haal Blou Bulspan
ADVERTISEMENT
Die Hoofseun van Laerskool Boerefort, Michael Bhuda, het die Blou Bulle o.13 Cravenweek A-span gehaal. Hy het reeds die tweede laaste naweek in Mei-maand na Welkom getoer vir sy eerste wedstryd teen die Valke. Michael en sy span het koning gekraai met ‘n telling van 29-0. Hy is ‘n veelsydige Rugbyspeler en sy droom is om eendag uit te draf vir die Bulle.
As klein seunjie het sy voorskoolse juffrou reeds voorspel dat hy ‘n Rugbyspeler van formaat sal wees en hoofseun sal word. Hy glo dat juffrou Elsabé vanuit die hemel oor hom glimlag. Michael se stokperdjies sluit in leer, rugby- en krieketoefening. Michael skiet ook nie spek as hy sê dat hy Akademies sterk is nie en gesels ook graag oor kos, skool en hoe hy dit geniet om huiswerk te doen. Sy boodskap aan ander jong seuns is: “Moenie dat enigiets jou stop nie”.
Michael Bhuda










