AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Dalweide Primêr spog met Nasionale Onderwysster

  • Helderberg International School learner attends Creatures & Creators

  • Hoërskool Stellenbosch koor het ’n uitmuntende tweede plek behaal

  • Congratulations to Table View High School Top Achievers of term 2

  • Helderberg International had a wonderful Family Evening


Gauteng PretoriaHoër Tegniese Skool John VorsterPTA NorthRegional News
Home›Regional News›Gauteng Pretoria›HTS John Vorster kwartaal 3 hoogtepunte

HTS John Vorster kwartaal 3 hoogtepunte

By Karien Frans
17th October 2023
432
0

ADVERTISEMENT


Share:

Een van HTS John Vorster se Graad 12-leerders, Jomi Buys, het die boek, “An Unkindness of Ravens”, geskryf. Die boek is onlangs gepubliseer en tref met diepgaande betekenis. Jomi het ons vertel dat die boek nie net ‘n verhaal is nie, maar ‘n reis deur menslike emosies en kontraste in die wêreld. Die verhaal ondersoek temas soos vergifnis, wraak, en identiteit. Jomi het haar eie ervarings gebruik om ‘n meesleurende leeservaring te skep wat die leser aan die dink sit. Haar prestasie is ‘n inspirasie vir ander en ons is opgewonde om meer van haar werk te sien.

Waaroor handel die boek? An Unkindness of Ravens is ‘n fantasie, dystopiese jeugroman wat handel oor ‘n groep oorlewendes na die einde van die wêreld weens biochemiese oorlog, wat ‘n misterieuse man vind met geheueverlies. Hy is deel van die groter spelondergang, maar hy is anders. Maak dit hom waardevol? Of maak dit hom gevaarlik? ‘n Verhaal vol draaie en spanning, gekose familie en liefde, vertroue en verraad. Hulle kon dalk die einde van die wêreld oorleef, maar kan hulle oorleef wat daarna kom?
“An Unkindness of Ravens” is deel van ‘n reeks met dieselfde naam, waarvan daar vier verwagte boeke is, met die vervolgverhaal, “A Sentiment of Crows”, wat vroeg 2024 verwag word. Die teikengroep vir “An Unkindness of Ravens”, is 13-18 jariges.

Hoekom het ek die boek geskryf: Ek skryf al so lank as wat ek kan onthou. Vandat ek geleer het om ‘n pen op te tel — en selfs voor dit — het ek vreeslike fantasieverhale opgemaak en my ouers gesmeek om elke aand voor bed vir hulle slaaptydstories te vertel. Dit was my grootste vreugde om al my stories en verhale met andere te kan deel en ek is altyd aangemoedig deur my ouers en andere naby aan my om aan te hou skryf en my stories te vertel. My grootste droom is om met mense al die avonture en feëwêrelde in my gedagtes, waarvoor ek so vreeslik lief is, te deel.

Wat was die inspirasie vir my boek? Die algehele liefde en onvermydelike hoop van die mensdom wat deur die geskiedenis skyn, was nog altyd vir my ‘n groot inspirasie en ek wil altyd probeer om dit in my stories uit te dra – om vir diegene wat dit lees te wys dat daar dalk donker tye kan wees, maar daar is ook altyd lig wat gevind kan word as jy daarna soek. “An Unkindness of Ravens” was werklik ‘n introspektiewe blik op die uiteindelike grense van deernis en wreedheid, deursettingsvermoë en lafhartigheid wat in alle mense gevind kan word. Ek wil natuurlik ook prettige, opwindende avonture skryf wat boekwurms soos ek kan help om ‘n duisend ander lewens te lei te midde van hul gewone werklikheid. Daar is ook verskeie natuurelemente wat ‘n ontsaglike groot rol speel in die verhaal en dit is geïnspireer deur ons eie Suid-Afrika se pragtige skoonheid en die wildheid wat voorkom tussen die bosse en berge.

Hoe lank het dit geneem om dit te skryf? Ek het die storie begin op 13/06/2022 en was rofweg klaar geskryf in Desember van dieselfde jaar. Dit was in my graad elf jaar van hoërskool, so ek het baie naskool in die middae ‘n uur of twee gesteel en gereeld ‘n uur vroeër opgestaan om my kreatiewe tyd in te werk. Na ‘n rowwe ses maande se skryf aan die eerste voorlopige weergawe, was daar ‘n verder drie maande se skrop en skaaf aan die rowwer gedeeltes en ‘n blinkvryf om al die hoekies en draaie perfek te kry. Ongelukkig was dit nie die moeilikste deel nie: daarna was dit nog drie maande se beta-lesers, terugvoer, laaste veranderinge en uiteindelik kon ek werk met ‘n uitstekende span wat my gehelp het om die los bladsye van my verhaal in ‘n ware boek te verander wat aanlyn en op die rakke kon verskyn. Uiteindelik is dit gepubliseer op 15 Julie 2023 – ‘n bietjie meer as ‘n jaar nadat ek die heel eerste glimmer van ‘n idee vir “An Unkindness of Ravens” gehad het.

Krieket nuus: Baie geluk aan Zian-de Kruger wat vammidag sy eerste 100-tal vir HTS John Vorster se o.14A-krieketspan behaal het met 118 lopies van 131 balle. Ons is ongelooflik trots op Zian-de Kruger!

TagsUitblinkers
Previous Article

Laerskool Boerefort is baie trots op hul ...

Next Article

Die Hoërskool Wonderboom redenaar presteer

Share:

Related articles More from author

  • Laerskool ProteaparkNorth WestRegional NewsRustenburg Brits and surrounds

    Laerskool Proteapark kwartaal 3 uitblinkers

    8th October 2024
    By Karien Frans
  • HelderbergHoërskool StellenboschRegional NewsWestern Cape

    Hoërskool Stellenbosch verwerf provinsiale eerbewyse

    26th June 2026
    By Karien Frans
  • Laerskool David BrinkNorth WestRegional NewsRustenburg Brits and surrounds

    Laerskool David Brink sport uitblinkers

    8th June 2022
    By Karien Frans
  • Gauteng JohannesburgHoërskool TransvaliaRegional NewsVaal Driehoek

    HS Transvalia kwartaal 2 hoogtepunte

    22nd June 2022
    By Karien Frans
  • Breede ValleyPrimêre Skool WorcesterRegional NewsWestern Cape

    Primêre Skool Worcester vaar uitstekend in sport en kultuur

    3rd June 2023
    By Karien Frans
  • HelderbergLaerskool StellenboschRegional NewsWestern Cape

    Laerskool Stellenbosch Kwartaal 1 hoogtepunte

    17th March 2022
    By Karien Frans

  • BolandNew Orleans Secondary SchoolRegional NewsWestern Cape

    New Orleans Sekondêre Skool leerders geniet VSA ingenieur en afgetrede ruimtevaarder

  • Durban and Durban NorthDurban Girls' CollegeDurban Girls' High SchoolKwazulu-NatalRegional NewsSt Henry's Marist College

    SPAR KZN Schoolgirls’ Fast 5’s Netball Challenge Durban Central Regional

  • Gauteng JohannesburgJHB SouthMarist Brothers LinmeyerRegional News

    Marist Brothers Linmeyer Students Create Inspiring ‘46664’ Display for Mandela Day

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us