HS Fichardtpark leerder word genooi na die INK se prestigegala-aand
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Rouxlé Kilian, wat vroeër vanjaar ingeskryf het vir die INK Skryf in Afrikaans-skryfkompetisie. Sy het vyf gedigte ingeskryf, en almal is deur beoordelaars soos Karen Zoid en Jackie Nachtegaal, onder andere, goed genoeg geag om aan die einde van die jaar in die Inspraak 6-digbundel gepubliseer te word.
Rouxlé is ook uitgenooi na INK se prestigegala-aand wat op 15 November 2025 in Pretoria plaasvind, waar die bloemlesing van die gedigte gedoen sal word, die wenners aangekondig sal word, en talle pryse op die spel is.










