Hoërskool Witteberg skrywers blink uit onder die land se beste
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg skrywers blink uit onder die land se beste! Witteberg se talentvolle skrywers het uitmuntend presteer in die Netwerk24 Kreatiewe Skryfkompetisie, in samewerking met e-Beeldskool. Helene-Mari Spies (Gr. 10) (links) het in die opstel-afdeling algeheel 4de geëindig onder die Top 5 Skrywers in Suid-Afrika en behaal ’n indrukwekkende gemiddelde van 90–100%.
Helene Meintjes (Gr. 8) (regs) het ook aan die kompetisie deelgeneem en behaal ’n uitstekende gemiddelde van 85–89%. Ons is ongelooflik trots op hierdie jong talent en hul indrukwekkende prestasies!
![]()










