Hoërskool Swartland leerders swem die Velddrif Myl
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 18 November 2023, het drie van Hoërskool Swartland se leerders aan die Velddrif Myl in Port Owen se kanale deelgeneem. Emsie Brand, Chané Grobbelaar en Jani Visagie het geswem in ‘n watertemperatuur wat tussen 15-18 grade gewissel het, maar gelukkig was die gety in hul guns.
- Emsie eindig 3de in die 3 km “Skins Youth” afdeling.
- Jani eindig 3de in die 1.6 km “Skins” ope afdeling.
- Chané eindig eerste in die 1.6 km “Skins” ope afdeling en klok ook die vinnigste tyd in die afstand in.












