Hoërskool Outeniqua Jazz Orkes word geprys
ADVERTISEMENT
Hoërskool Outeniqua Jazz Orkes word geprys .Die afgelope naweek het die Jazz Orkes saam met die Heydeberg Kamerorkes en Tygeberg Kinderkoor ‘n spesiale vertoning by D’Aria Wynplaas in Durbanville aangebied. Die konsert was ‘n fondsinsamelingsgeleentheid ten bate van die Eyes2Eyes Foundation wat gratis oog operasies vir kinders doen. Hierdie optrede was ’n geleentheid vir die leerders om kennis te maak met die interne werking van ‘n simfonieorkes. Meeste lede van die orkes is professionele musikante wat saam met die Kaapse Filharmoniese orkes speel. Die dirigent van die orkes, Dr. Leonard Heydeberg het ons leerders geprys vir hul pragtige gesindheid en hardwerkende geaardheid. Ons hoop hierdie is die begin van ’n positiewe vennootskap van mooi musiekmaak! U kan meer inligting oor die organisasie op hul webwerf lees.
Agter: Coert van Sandwyk, Henco Bester, Kerwin Albertus, Juf Lynette Petersen, Minke van Zyl, Marnu van Sandwyk
Voor: Logan Jantjies, Ryan Munro, Jean du Plessis










