Hoërskool Framesby Bergfietsuitslae vs Grey
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby Bergfietsuitslae vs Grey: Grey wen die byeenkoms. Elf van ons seuns neem deel op Grey se tuisgrond by die Millpark Conservancy op n baie moeilike en tegniese baan. Die volgende ryers vaar uitstekend: JES Santos 1e en Stefan Boshoff 3e van die o.14s. Tian Diedericks wen die o.16 kategorie en Stephan Roth kom 4de in die o.19 kategorie. Dankie aan elkeen wat deelgeneem het asook vir die ouers se ondersteuning. Ons is besonders trots op Tian Diedericks wat in die afgelope twee weke 3 keer op die podium gestaan het: 1e plek in die 30km Windfarm resies in Jeffreysbaai 2de plek by die Provinsiale XCO kompetisie 1e plek by die Grey interskole kompetisie.













