Hoërskool Ermelo se rugbyspanne kom te staan teen Hoërskool Rob Ferreira in ’n ligawedstryd
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 20 April, het Hoërskool Ermelo se rugbyspanne te staan gekom teen Hoërskool Rob Ferreira in ’n ligawedstryd. Dit was oor die algemeen ’n goeie dag vir Errie-rugby en die spanne behaal die volgende gemengde welslae: Die o.14A verloor 10-14, die o.14B wen 24-10, die o.15A speel gelykop 12 elk, die o.15B wen 17-14, die o.16A wen 36-13, die derdie span wen 29-22, die tweede span verloor 20-34 en die Hoërskool Ermelo TWK eerste span wen met ’n telling van 13-10. Baie geluk aan hierdie seuns met die uitslae. EHS is trots op elke span!
Christiaan Horn
Marco de Bruyn
Ruan Grobler










