Eduplex Hoërskool Prestasies word vereer
ADVERTISEMENT
Tydens Eduplex Hoërskool se Lourieraand word erkenning gegee vir Akademie, Sport en Kultuur. Die Prestige toekennings sluit die Direkteurstrofee sowel as die Ambassadeurstrofee in. Die Ambassadeurstrofee is nie gekoppel aan prestasie nie. Hierdie leerder maak van die skool ‘n beter plek, maak ‘n duidelike verskil in medeleerders se lewens en stel die skool aan die buitewêreld bekend. Die Direkteurstrofee word toegeken aan die leerder wat op verskeie gebiede die skool verteenwoordig. Dit sluit akademie, sport, kultuur en leierskap in.











