Capital Hotel School besoek Hoërskool Ermelo
ADVERTISEMENT
Errie-Suprème bak saam met Capital Hotel School.
Op 17 en 18 Augustus het die EHS-gasvryheidsleerders van graad 10, 11 en 12 die voorreg gehad om saam met Captical Hotel School se uitvoerende–Chef en lektor, Ilze Krause, en assistent–Chef, Abigail Lupton, te werk om nuwe vaardighede aan te leer.
Die graad 10–groepe het Pekanneut en “choc chip”-muffins gebak. Die graad 11-groepe het Victoriaanse sponskoekegebak wat met sjokolade ganache versier is. Hul het ook die tegniek om ’n “naked cake” te versier bemeester. Die matriek groepe het hul jaar goed afgesluit met heerlike Focaccia waar hul lekker gespeel het met garnerings.
CHS het leerders ook ingelig oor verskeie kursusse wat aangebied word by Capital Hotel School en moontlike beroepsgeleenthede in Hotelbestuur en Chefs in verskillende afdelings.
EHS bedank die hoof, bemarkingspan en chefs van CHS vir die blootstelling wat hulle aan die leerders bied. Die Erries sien uit na sinvolle samewerking in die toekoms.












