[Onderhoud] Mia Vos: o.19A dogtershokkiekaptein van Hoërskool Stellenberg
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Mia Vos, Hoërskool Stellenberg se o.19Adogtershokkiekaptein gesels oor Interskole teen Hoërskool Durbanville.

Mia Vos
Hoe is die samestelling van julle span vir Interskole? Is daar enige beserings? Ons span het ‘n paar veranderinge gemaak omdat een van ons sterk spelers, Leah Peterson, ‘n besering opgedoen het. Gelukkig het ons sterk plaasvervangers op wie ons kan staatmaak.
Is julle gelukkig met julle resultate die jaar? Ons het hierdie seisoen baie goed gevaar en net een wedstryd verloor. Ons beplan om dit so te hou!
Wat verwag jy Vrydag van Hoërskool Durbanville? Ons weet dat Vrydag ‘n tawwe wedstryd gaan wees. Hoërskool Durbanville is gedugte teenstanders, maar ons het hard geoefen en is gereed vir die wedstryd.
Wat beteken dit vir jou om kaptein van Stellenberg te wees? Om kaptein van ons span te wees, is vir my ‘n besondere eer. Die geleentheid om leiding te neem en my span te inspireer, vul my met trots en passie. Die span dra mekaar; is geheg aan mekaar en ondersteun mekaar in alle opsigte.
Baie mense sal wil weet hoe julle dag van die groot wedstryd verloop tot julle uitdraf. Het julle enige rituele of tradisies? Ons kom gewoonlik op die dag van die wedstryd byeen. Ons luister graag saam na musiek en vang ‘n bietjie “gees”. Hierdie oomblikke van saamwees en musiek luister, help ons om as span te verenig en ons fokus te verskerp. Voor elke wedstryd bid ek vir die span – ons weet waar ons Krag vandaan kom.
Hoe hanteer julle as span die verwagtinge van julle ondersteuners en toeskouers? Ons geniet die ondersteuning wat ons van ons mede-Stellenberg-leerders, ouers, persooneellede en natuurlik ons ongelooflike afrigters ontvang.
Na watter bekende speler (enige sport) kyk jy na op en hoekom? Ek kyk op na die sportster, Tatjana Smith. Sy is Suid-Afrika se topswemmer wat ons by die Olimpiese Spele verteenwoordig. Sy gee altyd haar beste en neem haar sport erenstig op, en het natuurlik die goue medalje huis toe gebring! Ons wens Hoërskool Durbanville sterkte toe met Interskole 2024. Ons is hier om ons beste te gee!
Lees die spesiale koerantuitgawe vir die naweek aanlyn of kry joune by die skool! Klik hier:









