AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Balderstone Sport Institute graduate appointed as Golf Director at Royal Johannesburg

  • SA-Eer vir leerder van Hoërskool Witteberg

  • Five alumni of Grey College reach world rugby glory

  • Hoërskool Witteberg spog met Provinsiale Hokkie trots

  • Marule twins make Uplands College Rugby History


BolandRegional News
Home›Regional News›Western Cape›Boland›AWSUM gesels met Retief Goosen oor sy skooljare

AWSUM gesels met Retief Goosen oor sy skooljare

By Meinette van Zyl
12th April 2023
1012
0

ADVERTISEMENT


Share:

Retief Goosen (The Goose), oud HTS Tom Naudé – leerder en wenner van twee Amerikaanse Ope Gholftoernooie, praat oor sy skooljare in Polokwane. Behalwe vir sy 36 oorwinnigs as professionele gholfer en sy sewe PGA Toer – oorwinnings, haal Retief ook die World Golf Hall of Fame in 2019.

Ons moet begin deur te vra oor jou skoolloopbaan. Wat sal jy altyd van jou skool onthou?
Wat ek onthou, is dat die onderwysers by my skool streng was. As jy stout was die klas, het jy pakslae gekry. Daar was `n paar onderwysers wat gholf gespeel het en ek het saam met hulle gespeel, maar ek het nog steeds deugeloop as ek stout was.

Aan watter sport het jy op skool deelgeneem?
Vir my was dit net gholf elke dag. Op laerskool het ek wel rugby gespeel. Ek was binnesenter, maar het van 12 jaar oud op gholf begin fokus deur gholfboeke wat in die huis was, te lees – onder andere boeke van Ben Hogan, Jack Nicklaus en Gary Player. Daai dae was daar nie videos nie, so ek moes in `n spiëel oefen alles wat ek in die boeke geleer het.

Watter tipe ou was jy op skool?
Ek was maar `n stil ou op skool en my eie ding gedoen. Ek was `n prefek in my laaste jaar, so dit was lekker om stoute ouens by onderwysers aan te kla.

Vertel ons meer oor jou grootwordjare in Polokwane.
Polokwane was maar klein tydens my grootwordjare. Ek kon met my fiets orals heen ry. Ons het naby genoeg aan Polokwane Gholfklub gebly dat ek met my gholfstokke en sak op my fiets kon ry en vinnig nege gate na skool kon speel.

Wat is die beste raad wat jy al ooit ontvang het en wat jy vandag met ons lesers wil deel?
Niks kom verniet nie. Jy moet hard werk.

As jy nie `n gholfspeler was nie, watter sport sou jy wou beoefen?
Gholf was alles vir my. As dit nie gewerk het nie, sou ek seker nie `n ander sport beoefen het nie. Tydens `n onderhoud met die Polokwane Review vertel Retief: “Ons het altyd vir ure gholfballe agter in die tuin geslaan en my ma het ons uitgetrap, want ons het haar gras uitgeslaan” onthou Retief. “Ek het my liefde vir gholf by my pa geleer en dan natuurlik by Francois my broer ook. Ek het vir hom gecaddy,” skerts Retief.

Wat sou jy sê vat dit van `n speler om die hoogste vlak van `n sportsoort te bereik en daar te bly?
“Dissipline en harde werk! My pa het geglo dat as jy iets wil hê, moet jy daarvoor werk en voluit daarvoor gaan. Hy het vir jou die geleentheid gegee, maar jy moes ‘n sukses daarvan maak. My pa se werketiek is iets wat oorgespoel het na my gholf. Met talent en harde werk, kan jy net suksesvol wees en ek is dankbaar daarvoor,” vertel Retief vir die Polokwane Review.

In dieselfde berig, word berig dat oom Theo Goosen, Retief se pa, op 21 Desember 2022 op die ouderdom van 89 oorlede is. Tot die dag van sy dood het Oom Theo gholfraad met Retief gedeel en hy onthou hoe sy pa ‘n paar keer in Amerika en Engeland gaan gholf kyk het. “Sy tydsberekening was nie altyd so goed met die raad nie, en as ek nie goed gespeel het nie, het hy sommer sy vliegtuigkaartjie vervroeg en teruggevlieg.”

Retief Goosen is as 16 – jarige deur weerlig op die golfbaan raakgeslaan toe hy en sy neef Henri `n rondte gholf op `n Woensdagmiddag gespeel het. Toe dit op die vyfde gat begin reën, het hulle gaan skuil onder `n afdak, maar toe die reën opklaar, het hulle verder gaan speel. Dis toe wat hy deur die weerlig geslaan is en 20 minute later in die hosipitaal wakker geword het. Nadat sy neef gaan hulp soek het by die klubhuis het hy `n dokter gekry wat toevallig gholf gespeel het en Retief vertel dié dokter het sy lewe daardie dag gered. Na 3 weke wat hy nie skoene kon aantrek nie as gevolg van sy brandwonde, was hy terug op die gholfbaan en toe het sy golf vlamgevat, want mens besef jy kon dood gewees het.

Destyds het Retief die volgende wenk aan `n jong opkomende gholfer gegee: Hou jou fokus en neem die spel net hou vir hou, Vergeet van die toernooi en vergeet waar jy op die punteleêr lê.

Retief Goosen. Foto: Instagram

Retief Goosen en Gary Player. Foto: Instagram

Photo: Instagram

My military days. 2 year national service 1988. Photo: Instagram

`n Jong Retief. Foto: Instagram

1987 South African amateur champion. Photo: Instagram

Retief with his cousin Henri. Photo: Instagram

TagsOnderhoud
Previous Article

KwaMashu school proves that leadership, vision and ...

Next Article

Hoërskool Rustenburg atlete is op eie bodem ...

Share:

Related articles More from author

  • Gauteng PretoriaHoërskool WonderboomPTA NorthRegional News

    [Onderhoud] Die Hoërskool Wonderboom Eestespan Rugbykaptein van die Tiere – Ryan Otto

    1st April 2025
    By Linda
  • Hoërskool StellenbergNorthern SuburbsRegional NewsWestern Cape

    Hoërskool Stellenberg Hokkiekaptein Helen de Kock streef na uitnemendheid

    27th March 2025
    By Karien Frans
  • Hoërskool OuteniquaRegional NewsSouthern CapeWestern Cape

    [Onderhoud] Hoërskool Outeniqua Eerstespan Hokkiekaptein – Lucca Reinstorf

    2nd April 2025
    By Linda
  • Kuswag SkoolKwazulu-NatalRegional NewsSouth Coast

    [Onderhoud] Kuswag Eerstespan Rugbykaptein – Zandré Erasmus

    1st April 2025
    By Linda
  • East RandGauteng JohannesburgHoërskool Hans MooreRegional News

    [Onderhoud] Hoërskool Hans Moore Eerstespan Rugbykaptein – Hanrique Cronje

    1st April 2025
    By Linda
  • Gauteng JohannesburgHoërskool Dr MalanJHB SouthRegional News

    Hoërskool Dr Malan Top matrieks 2023

    15th February 2024
    By Karien Frans

  • Herschel Girls SchoolRegional NewsSouthern SuburbsWestern Cape

    Herschel Girls School 2026 Head of Portfolios

  • Eastern CapeHoërskool FramesbyPort Elizabeth and SurroundsRegional News

    3rde Plek vir Hoërskool Framesby tweekamp atlete

  • Eastern CapeEastern Cape TownsQueenstown Girls' High SchoolRegional News

    Spar Eastern Cape Inland Schools Hockey challenge

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us