Die Hoërskool Brandwag kragoptel leerders maak trots
ADVERTISEMENT
SA Classic Kragoptel – Dag 1 Uitslae Die Hoërskool Brandwag se kragoptellers wys hul staal op die nasionale verhoog! Lianie Bakkes behaal ’n 3de plek in die o/57kg sub-junior divisie! Alan de Beer verower silwer in die o/66kg sub-junior divisie! Baie geluk aan hierdie twee kragpakkies! Ons is trots op julle!
Dag 2:Baie geluk aan Brandwag se kragoptellers wat gister weer hul krag en vasberadenheid bewys het: • Stephenè Loubser behaal ’n indrukwekkende 2de plek in die o/69kg sub-junior divisie! • Kobie Mellet wen silwer in die o/76kg sub-junior divisie! • Twaalfjarige Danté de Beer, van Quest Skool, wen in die o/83kg jeug divisie! Julle harde werk en toewyding is ’n ware inspirasie. Hou aan streef na uitnemendheid en bewys dat Brandwag se gees altyd bo-aan staan.
Dag 3:Die Hoërskool Brandwag is ongelooflik trots op Abigaill Doyle, wat ‘n silwermedalje verower het in die 84+kg sub-junior divisie by die SA Classic Kragoptel-kampioenskappe! Haar harde werk en deursettingsvermoë het vandag gewys, en sy het Brandwag se naam met trots gedra. Baie geluk, Abigaill!












