Hoërskool Centurion spog met drie Provinsiale krieketspelers
ADVERTISEMENT
CenturionHoërskool Centurion is baie trots op drie van hul leerders, naamlik Divan van Tonder, Elgun Boecker en Mienke de Jager, wat in provinsiale krieketspanne opgeneem is.
Divan van Tonder is tot die o.17-Northernspan verkies, waar hy vanaf 8-11 Desember 2022 aan die “Regional”-krieketweek te Pretoria gaan deelneem. Hy is as veelsydige speler gekies nadat hy die afgelope jaar bykans 1000 lopies aangeteken het.
Elgun Boecker is tot die gekombineerde “Geo”-Gautengspan, wat uit vier spelers elk van die Titans, Easterns en Central Gauteng Lions bestaan, verkies. Hy gaan ook tydens die “Regional”-krieketweek op 8-11 Desember 2022 te Pretoria deelneem.
Mienke de Jager (o.17) is tot die o.19-Titanskrieketspan verkies. Hierdie span gaan vanaf 13-16 Desember 2022 aan Krieket Suid-Afrika se nasionale week in Bloemfontein deelneem.
D. van Tonder
E. Boecker
M. de Jager










