3 Hoërskool Witteberg karateka ingesluit in die Vrystaat Karatespan
ADVERTISEMENT
Die Vrystaat Karate Federasie het die naweek van 4 Februarie 2023, hulle jaarlikse Elite proewe gehad by die High Performance Center in Bloemfontein om karatekas te kies vir die Vrystaat span wat die Vrystaat sal verteenwoordig gedurende die jaar. Verskeie karatekas van Bethlehem Karate het aan die proewe deelgeneem. Na afloop van die proewe is DRIE Hoërskool Witteberg karateka ingesluit in die Vrystaat Karatespan. Baie geluk;
- Wilien Botha – Junior – Kumite
- Hanré Dreyer – Kadet – Kata en Kumite
- Louis Lategan – Junior – Kata en Kumite
Ons sien met groot opwinding uit na julle sukses in 2023.
Van links: Wilien Botha, Hanré Dreyer en Louis Lategan.










