Tennisnuus vir Hoërskool Strand
ADVERTISEMENT
Die Wes-Kaap en Kaapstadtennisspanne vir 2024 is Vrydagaand 8 Desember by die inhuldigings seremonie by Bellville Hoërskool bekendgemaak.
Raven Klaasen, voormalige professionele tennisspeler (no.7 op ATP Dubbelspelranglys) wat Suid-Afrika in die Davis Cup verteenwoordig het, was die gasspreker. Hy het die spelers geÏnspireer en vertel van sy pad na sukses van skoolseun in Kuilsrivier na top internasionale dubbelspelspeler.
Isabelle Strauss is no. 2 in die o/15 Wes-Kaap Disasspan.
Sy gaan vanaf 10-13 Januarie 2024 aan die Nasionale toernooi in Pretoria deelneem.
Baie geluk, Isabella, gee jou beste by die toernooi!
Izak Burger is gekies vir die Kaapstad o/19-span en Bernard van Staden is reserwe vir die o/19 span wat in Maart 2024 gaan deelneem aan die Synergy Cup.
Baie geluk aan ons Arende!














