[Swartland VS Hugenote] o.19A hokkieseunskapteins gesels
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Jan-Paul Bester, o.19A hokkieseunskaptein van Swartland en met Francois Retief, o.19A hokkieseunskaptein Hugenote gesels oor hulle spanne en Interskole.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Een van ons hoogtepunte was om deel te neem aan die Cape Town International Hockey Tournament – waar ons teen spanne van regoor die wêreld meegeding het. As span het ons mekaar gevind, baie geleer en gegroei.
Hoe motiveer jy jou span? Wees altyd positief. Leef in die oomblik en geniet die oomblik!
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy/hy jou by? Cobus Steyn is ons onderkaptein. Cobus is ‘n baie goeie vriend en sportman. Hy dink soos ek en deel dieselfde liefde vir die sport.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? As span het ons al baie gegroei en bereik. Ons wil natuurlik interskole wen!
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag volgende jaar BSc Plant en Grondkunde aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer.
![]()
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Om dertiende by die Fairmont-toernooi te eindig waar 32 groot skole deelgeneem het.
Hoe motiveer jy jou span? Ek verduidelik vir hulle dat ons uniek moet speel en by ons eie game plan moet hou en niemand probeer volg nie.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Johan Lategan. Hy is die kaptein wat al die admin doen en die reëls van die veld af maak.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Om ons beste vorm bereik en dan daar te bly en nie agteruit te gaan nie. Ons moet ons eie game speel op die groot dag!
Wat is jou planne vir die toekoms? Om gelukkig wees!










