Rockies Interskole: Hoërskool Swartland o.19A hokkiedogters
ADVERTISEMENT
Kom ondersteun die eerstespan Saterdag 20 Augustus om 9:30 op die Astro:
AWSUM het met hul afrigter, Francois Lourens, gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Albei ons spanne het die ingesteldheid dat hulle opdaag by ‘n wedstryd, met die doel om te wen. Al die seuns en dogters wat deel vorm van ons eerstespanne, is regtig goeie kinders met uitstekende sportmansgees. Ek dink hierdie jaar se Interskole wedstryde gaan twee uitstekende wedstryde wees.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Beide die seuns- en dogterspanne speel baie goed as ‘n span saam. Ons het nie een of twee individuele spelers op wie ons staatmaak om wedstryde vir ons te wen nie. Ons sterkte lê in hoe goed ons as ‘n span saam kan speel.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Die moeilikste deel van om ‘n skoolafrigter te wees, is om kinders af te rig wat uitblink in meer as net hokkie. Tussen al die ander aktiwiteite en ekstra klasse is dit partykeer moeilik om almal by die oefeninge te kry en om seker te maak hulle fokus op die hokkie. Gelukkig het hierdie twee spanne hulle beste gedoen om hokkie eerste te plaas, wat dit makliker gemaak het.
Hier is die o.19A hokkiespan van Hoërskool Swartland.

Dané Viljoen

Milla-Mari van Lill

Marissa Cotter

Cecilia Lambrecht

Dané Beukes

Daniëlle Thompson

Brigitte Buys

Tashlynn Solomons

Martine Versfeld

Talita Engelbrecht

Emily Visser

Carla Botha

Diandri van Biljon

Jean-Mari Orchard
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.









