[Onderhoud] Zwartkop- Eerstespan Hokkieseunskaptein – Handré Coetzee
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Eldoraigne en Zwartkop hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.
AWSUM het die geleentheid gehad om met Handré Coetzee Eerstespan Hokkieseunskaptein van Zwartkop te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..
Handré Coetzee
Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoenoefening gefokus? Tydens die voorseisoen het ons span gefokus op
oefening teen ’n hoë intensiteit om ons fiksheid vir die seisoen op te bou. Ons strategie was om mekaar en mekaar se spelpatrone so vinnig as moontlik te leer ken, sodat ons beter samespel kon ontwikkel. Ons het ook ’n nuwe afrigter gekry en het die geleentheid gebruik om so gou as moontlik aan te pas by sy afrigtingstyl en wedstrydstrategie.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerstespan te lei? Dit is vir my ’n groot voorreg, nie net om saam met ’n wonderlike span hierdie seisoen te beleef
nie, maar ook om deel te wees van die tradisies, hokkiekultuur en kameraadskap wat gevestig word en wat ons agterlaat vir toekomstige eerstespan spelers.
Het julle skool ’n groot hokkiekultuur, en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou? Ons hokkiekultuur is besig om volstoom te
groei, aangevuur deur die sukses van al die hokkiespanne. Ons glo dat ons prestasies help om meer toeskouers by die wedstryde te kry. Een van die lekkerste dinge om te ervaar, is om oud eerstespanspelers te sien terugkom om Zwarrie hokkie te ondersteun. Sukses is vir ons span belangrik, maar sukses kom nie net uit wen nie, maar ons leer ook baie uit die wedstryde wat ons verloor.
Watter wedstryd en/of toernooi is vir julle die spesiaalste, en hoekom? Die spesiaalste toernooi wat ons hierdie jaar gespeel het, was die Belgotex Hokkietoernooi aan die begin van die seisoen. Dit is waar ons regtig ’n span geword het, nie net tussen die spelers nie, maar ook saam met ons afrigters. Dit was beslis een van die hoogtepunte van ons jaar.










