[Onderhoud] Wynand Gouws: o.13A rugbykaptein van Kleingim en hul afrigters
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Wynand Gouws, Kleingim se o.13A rugbykaptein en hulle afrigters, Quintin Homewood en Francois Groenewald gesels.
Wynand Gouws:
Watter posisie speel jy?
Ek speel Skrumskakel (nr 9).
Hoe was julle seisoen hierdie jaar?
Ons is dankbaar dat ons weer ‘n normale en vol rugbyseisoen gehad het. Daar was uitdagings met beserings en spanne wat fisies baie groter as ons was, maar ons het almal goeie Gimmie-guts gewys.
Watter skool is/was julle moeilikste wedstryd?
Laerskool Worcester was verseker ons moeilikste wedstryd gewees. Dit was ons eerste wedstryd vir die seisoen en hulle het baie spoed en krag in hul span gehad.
Watter wedstryd sien julle die meeste na uit in die seisoen en hoekom?
Interskole teen Kleinbois! Dit is altyd die hoogtepunt van die jaar. Die gees en ondersteuning is baie lekker. Dit is ‘n groot voorreg en elke Klein Gimmie se droom om vir die o.13A-span op die veld met Interskole uit te draf.
Wat is die lekkerste aspek van o.13A rugby?
Dit is lekker dat almal reeds al die basiese vaardighede en tegnieke onder die knie het. Die ondersteuning en gees langs die veld maak dit baie lekker en dan natuurlik die tokkamer. Dit is elke keer baie spesiaal om daar te gaan en voor te berei vir die wedstryd. Dis ‘n voorreg om vir die o.13A-span te kan speel.
Wie is jou gunsteling rugbyspeler en hoekom?
Cheslin Colbe. Hy is vir my ‘n voorbeeld en inspirasie oor al is hy fisies kleiner as meeste ander spelers, speel hy altyd hard en staan nie terug vir enige speler wat groter is as hy nie. En dan is ek natuurlik baie trots op al die oud-Gimmie Springbokke wat ons land verteenwoordig op die rugbyveld.
Wat maak jou skool spesiaal vir jou?
Ons is ‘n kleinerige skool met hegte bande wat dit ‘n spesiale skool maak. Elke onderwyser en afrigter by Kleingim gee altyd alles en probeer die beste uit elkeen van ons haal. Die tradisies by die skool word deel van ons en daarom sal ek altyd ‘n trotste Gimmie bly.
Quintin Homewood en Francois Groenewald:
Wat kan die skool en ouers hierdie interskole van julle span te wagte wees?
QI: ‘n Span wat hulle skool met trots en baie passie sal verteenwoordig en ‘n span wat 110% vir mekaar sal gee en ook vir dit waar in hulle glo.
FG: Wen of verloor sal ons alles gee en ware ambassadeurs van die skool en sport wees.
Wat is die moeilikste aspek van n skole afrigter se taak?
QI: Dit is verseker om spelers se emosionele kondisionering sterker te kry en dit te volhou vir wanneer dinge nie volgens plan verloop op die veld nie, en sodoende dit ook in hulle alledaagse lewe te kan toepas.
FG: Die bestuur van spelers wat meer as een sportkode doen. Dieselfde seuns speel hokkie en rugby, en by elkeen word baie van hul verwag.
Skole Rugby word al hoe meer professioneel, hoe bly mens voor die kompetisie?
QI: Om as afrigter ‘n student van die spel te bly en om aanhoudend jou kennis van die spel te verbreed. Spelers te leer om meer aanpasbaar te wees, het sy met weeklikse voorbereiding of wedstryd spesifiek.
FG: Deurlopende vaardigheidsontwikkeling en kondisionerings programme.
Waar sou julle sê lê julle krag hierdie jaar?
QI: Verseker dat hulle nooit opgee nie!
FG: Spanwerk en veggees; die seuns gee nooit op nie.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.










