AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About AWSUM News
  • Bridge House School Senior and Junior debating teams shine at the provincials

  • [Onderhoude]- Hugenote Hoërskool Seunshokkie Eerstespankaptein – Henré Kotzé

  • Honours Blazers for two outstanding achievers of Edenvale High School

  • Celebrating Excellence at Hotazel College

  • [Onderhoude]- Hugenote Hoërskool Netbal Eerstespankaptein – Zani Booysen


Eastern CapeEastern Cape TownsHoërskool CradockRegional News
Home›Regional News›Eastern Cape›[Onderhoud] Hoërskool Cradock Eerstespan Netbalkaptein – Ineke van der Merwe

[Onderhoud] Hoërskool Cradock Eerstespan Netbalkaptein – Ineke van der Merwe

By Karien Frans
8th August 2025
594
0

ADVERTISEMENT


Share:

Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Hoërskool Cradock en Gill College hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.

AWSUM het die geleentheid gehad om met Ineke van der Merwe, Eerstespan Netbalkaptein van Hoërskool Cradock te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..

Hoe het die span hulle vir die seisoen voorberei en op watter aspekte van die spel het julle gefokus? Om as ’n span goed te kan funksioneer moet jou kommunikasie sterk wees. Hierdie jaar was dit een van die hoofaspekte waarop ons gefokus het. En ook, om verwagtinge wat ons vir mekaar het te stel, en dan mekaar te ondersteun om daardie verwagtinge te bereik. Só het ons saam gebou aan mekaar se sterkpunte, tot die fantastiese span wat ons nou is.

Wat dink jy maak julle span hierdie jaar mededingend? Die hele span het ’n “go-getter attitude” en elkeen het `n passie vir die sport. Elke liewe lid van die span is bereid om die harde werk in te sit, nooit op te gee nie, en nooit hulle koppe vir enige iets te laat sak nie. Hulle werk hard en speel hulle harte uit tot die eindfluitjie blaas, sonder om moed op te gee!

Wat beteken dit vir jou om jou skool as ’n eerstespan-speler te verteenwoordig? Dit is vir my ’n ongelooflike groot voorreg en ’n eer. Om met my klere en skoolwapen op ’n baan te hardloop, is ’n tipe trots wat woorde nie kan beskryf nie. Ek is nog meer bevoorreg om op die baan te gaan met ’n span wat bestaan uit meisies wat baie na aan my hart is, en twee ongelooflike afrigters wat bakvas agter ons staan.

Watter doelwitte het julle span vir die komende seisoen gestel? Om elke oomblik te geniet, ons koppe te lig en ons alles ten alle tye te gee. Om die harde werk in te sit en dan die vrugte daarvan te pluk. Om mekaar te ondersteun en op te bou.

Watter span of toernooi beskou jy as julle grootste uitdaging hierdie seisoen? Die Despatch-toernooi aan die begin van die jaar is altyd ’n uitdaging, omdat ons teen groot skole kompeteer. Tog presteer ons baie goed en pak elke wedstryd en uitdaging met goeie selfvertroue en samewerking aan.

Watter netbalster of sportpersoonlikheid bewonder jy en hoekom juis hy of sy? Karla Pretorius. Hulle sê dat ’n mens nie jou helde in persoon moet ontmoet nie, maar ek het die ongelooflike voorreg gehad om haar al te kon ontmoet en ek kan sonder twyfel sê dat haar passie vir netbal aansteeklik is, en haar nederigheid inspireer jong netbalspelers soos ek. Sy is werklik ’n rolmodel.

Ineke van der Merwe

Ons het ook met die afrigters van dié span, (Jessica Carstens & Suné Duvenage) gesels:

Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag?‘n Baie opwindende spel, naelbyt-oomblikke en uitbstekende netbal.

Hoe berei julle span in die week voor tot by Interskole? Die span fokus op beide fisiese en geestelike aspekte. Fisies sluit dit kondisionering en uithouvermoë in met behulp van kardio-oefeninge soos draf en fiksheidsprogramme. Kragoefeninge verbeter kern- en beenspiere vir beter stabiliteit en balhantering, terwyl daar ook aan spoed gewerk word deur vinnige voetwerk en reaksievermoë. Baanposisionering en tegniek word aangepas en verfyn om taktiese voordeel te bied. Geestelik versterk die span hul eenheid deur ‘n spanbraai, motiverende gesprekke, en positiewe terugvoer. ‘n Gasspreker word ook uitgenooi om die spelers verder te inspireer en geestelik voor te berei vir die wedstryd.

Waar sou julle sê lê julle krag hierdie jaar? In die verhoudings tussen die spelers. Ons deel ‘n onbreekbare band en ‘n opregte liefde vir netbal. Elke speler bring haar unieke talent na die span, en dit maak van ons ‘n ware eenheid.

Wie het die grootste invloed op jou as afrigter gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? My ma het die grootste invloed op my lewe en afrigterskap gehad. Wanneer ek ons span afrig, dink ek gereeld aan hoe sy mense gelei het — met sagtheid, maar ook met hoë standaarde. Sy het my geleer wat deursettingsvermoë beteken, om nooit op te gee nie, en om ander op te hef. Haar onwrikbare liefde vir sport, haar geloof en volharding is my grootste inspirasie.

Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle die baan betree? “Julle is goed genoeg! Ons het hard gewerk. Vertrou mekaar, en vertrou jouself. Ons speel nie net vir onsself of ons span nie, maar tot eer van die Here wat vir ons hierdie talent gegee het. Gee alles – en geniet dit!”

TagsHoërskool Cradock vs Gill College
Previous Article

[Interview] Gill College – First-team netball captain ...

Next Article

[INTERVIEW] Gill College – First-team rugby captain ...

Share:

Related articles More from author

  • Eastern CapeEastern Cape TownsGill CollegeRegional News

    [Interview] Gill College – First-team girls hockey captain – Kwakho Sompini

    8th August 2025
    By Karien Frans
  • Eastern CapeEastern Cape TownsGill CollegeRegional News

    [INTERVIEW] Gill College – First-team rugby captain – Esethu Kondlo

    8th August 2025
    By Karien Frans
  • Eastern CapeEastern Cape TownsGill CollegeRegional News

    [Interview] Gill College – First-team netball captain – Anovuyo Sixolo

    8th August 2025
    By Karien Frans
  • Eastern CapeEastern Cape TownsHoërskool CradockRegional News

    [INTERVIEW] Hoërskool Cradock – First team rugby captain – Ambeswa Mbaza

    8th August 2025
    By Karien Frans
  • Eastern CapeEastern Cape TownsHoërskool CradockRegional News

    [Onderhoud] Hoërskool Cradock Eerstespan Hokkiedogters kaptein – Anné Adam

    8th August 2025
    By Karien Frans
  • Eastern CapeEastern Cape TownsHoërskool CradockRegional News

    [Onderhoud] Hoërskool Cradock Eerstespan Seunshokkiekaptein – Christiaan Kotzé

    8th August 2025
    By Karien Frans

  • CenturionGauteng PretoriaRegional NewsSutherland High School

    Sutherland High School Matric Art exhibition 2022

  • Cannons Creek Independent SchoolRegional NewsSouthern SuburbsWestern Cape

    Cannons Creek Independent School learners ace Orff Eisteddfod

  • Gauteng PretoriaLaerskool Danie MalanPTA NorthRegional News

    Hiermee Laerskool Danie Malan hoofleiers vir kwartaal 3

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

AWSUM News is South Africa’s largest school news platform. Since 2013 we’ve published every school’s story — academics, sport, culture and leadership — connecting 4 000+ schools with the families who read them daily.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us