Laer Volkskool ruiters skitter aan die SA Saalperd Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Die volgende Laer Volkskool ruiters het vanaf 21 tot 26 April 2025 aan die SA Saalperd kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Hulle vaar uitstekend in die kompetisie en behaal die volgende prestasies:
Gideon Viljoen
- 6de in die Stap/draf Parkperd Ruiters 10 jaar en onder
- 5de in die Stap/draf Parkperd Ruiterkuns 10 jaar en onder.
Leila Ehlers
- Reserwe SA Kampioen Plesierperd Ruiters 12 jaar en onder
- Reserwe SA Kampioen Plesierperd Ruiterkuns 12 jaar en onder.











